Nuus 13:00
BULLETIN 10 Maart 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Talle IVP-ondersteuners word beseer in ‘n ongeluk waarin drie busse betrokke is op pad na die party se manifes-bekendstelling
# Die IVP sê sy Verkiesing 2024-manifes is aangepas by Suid-Afrikaners se daaglikse uitdagings
# En Motorsport: Verstappen wen die Saoedi-Arabiese Grand Prix vir Red Bull
# Drie busse wat IVP-ondersteuners vervoer het na die party se manifes-bekendstelling in die Moses Mabida-stadion in Durban was in ‘n ongeluk betrokke op die N2 naby Gingindlovu in KwaZulu-Natal. Agt mense is ernstig beseer en na hospitale gejaag. Nooddienste is op die toneel en staan passasiers by wat vasgekeer is. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.
Die party sê intussen sy manifes is strategies ontwerp om die daaglikse uitdagings aan te spreek waarmee burgers te doen het. Dit word vandag bekendgestel by die Moses Mabhida-stadion in Durban met die tema: Let’s do it for Shenge. Die bekendstelling verteenwoordig ‘n geskiedkundige oomblik sonder die wyle stigterspresident, prins Mangosuthu Buthelezi, wat verlede jaar oorlede is. Die woordvoerder van die IVP, Mkhuleko Hlengwa, sê die partyleier Velenkhosini Hlabisa sal geloofwaardige oplossings voorlê vir politieke, maatskaplike en ekonomiese kwessies:
# Maatskaplike werkers van Suid-Afrika se Departement van Maatskaplike Ontwikkeling het ‘n tweejarige uit ‘n Senegal-gevangenis teruggebring. Die kind se ma is vir dwelmhandel in hegtenis geneem, en die kind se repatriasie het gevolg op samewerking tussen Suid-Afrika se DIRCO en die Senegalese owerhede. Die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Lindiwe Zulu, sê die kind sal deur familie in die Oos-Kaap versorg word, wat die regering se verbintenis tot kinderwelsyn en gesinsverbintenisse beklemtoon, soos vereis deur die Kinderwet:
# Na die vinnige ontplooiing van bronne ná ‘n brand in Du Toitskloof gistermiddag, saam met aktiewe brandbestryding deur die nag, is net ‘n paar plekke nog aktief hoog teen die berghange. Die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit se brandweerdiens sê hulle grondspanne en die gekontrakteerde grondspan van Geïntegreerde Natuurlewedienste, NCC, en CapeNature, sal die res van die dag op die toneel bly.
# Motorsport: Max Verstappen het gister se Grand Prix in Saoedi-Arabië gewen, met Sergio Perez tweede om Red Bull se perfekte begin van die seisoen voor te sit. Charles Leclerc se Ferrari was derde, met die Britse tiener, Oliver Bearman in ‘n merkwaardige sewende plek in sy debuut vir Ferrari, as ‘n laat plaasvervanger vir die siek Carlos Sainz. Ná ‘n seisoens-opening-oorwinning in Bahrain verlede Saterdag het die verdedigende drie-malige wêreldkampioen ‘n negende agtereenvolgende oorwinning gevier én sy 100ste plek op die podium in sy loopbaan. Oscar Piastri van McLaren was vierde, voor Fernando Alonso se Aston Martin.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….