Nuus 11:00
BULLETIN 10 Maart 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Verkiesing 2024: ActionSA is gereed om sy parlementêre kandidate bekend te stel
# Suid-Afrika word gevra om Afghanistan ook voor die Internasionale Geregshof te daag
# En, fietsry: Tiffany Keep en Kent Main wen hulle afdelings van die Kaapstad Fietstoer
# Die leier van ActionSA Herman Mashaba sal Maandag die party se kandidate vir die parlement onthul, wat sy debuut in nasionale verkiesings aandui. Mashaba sê ‘n deeglike maande-lange kandidaat-keuringsproses was daarop gemik om die verkiesing van vaardige verteenwoordigers te verseker. Hy beklemtoon die stigting van ‘Span Ruk SA Reg’ om die party riglyne te gee oor strategiese beleidsdomeine heen en moedig Suid-Afrikaners aan om hulle te skaar agter die soeke na verandering.
# Die burgemeester van Tshwane en sy koalisie-regering word aangeval omdat hulle na bewering Bronkhorstspruit se stryd te midde van diensleweringsuitdagings ignoreer. Berigte dui op ‘n ernstige watertekort van twee maande en onbetroubare elektrisiteit vir byna drie weke. Betogers het die munisipale kantore beset en eis die herstel van normale dienste. Cilliers Brink word beskuldig van herhaalde onvervulde beloftes om water-infrastruktuurkwessies op te los. Kommer oor bestuur en finansiële bestendigheid val saam met aansienlike ekonomiese verliese en ‘n dreigende gekwalifiseerde ouditverslag.
# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap het motoriste ingelig oor laansluitings op die N3-hoofweg tussen die Westville-duikweg en die Paradise Valley-kruising in Durban, KwaZulu-Natal, van Maandag af tot 22 Maart. SANRAL sê die sluitings, wat tussen agt-uur die aand en half-vyf die oggend sal gebeur, is nodig vir verfwerk aan die laan-tekens en die installering van padknoppe as deel van die voortgesette N3-pad opgradering. SANRAL vra motoriste om hulle reise te beplan, alternatiewe roetes te gebruik en by die spoedgrens te hou terwyl die bouwerk aan die gang is.
# Die onderwys-aktivis Hendrick Makaneta moedig die minister van Justisie en Korrektiewe Dienste Ronald Lamola aan om Afghanistan voor die Internasionale Geregshof te daag omdat die land meisies verbied om skool by te woon. Makaneta betoog Suid-Afrika behoort te veg vir inklusiewe onderwys in Afghanistan. Hy beplan om Lamola te vra om ondersoek in te stel en regstappe te doen teen die Afghaanse owerhede:
# En, fietsry: Die Suid-Afrikaanse professionele fietsryer, Tiffany Keep het die 46ste Kaapstad Fietstoer Vroue-wedren gewen, en die 78-kilometer afstand in twee-uur, 12-minute voltooi. Die Namibiër, Vera Looser was tweede, met Carla Oberholzer derde. Keep is oorstelp en beskryf die oorwinning as die hoogtepunt van haar jaar. Sy onderneem om haar doelwitte steeds na te jaag:
Intussen het Kent Main van Suid-Afrika die mans se elite-wedren in twee-uur, 31-minute en 21-sekondes gewen. Charlie Aldridge van Brittanje was tweede, 14-sekondes agter Main, met nog ‘n Suid-Afrikaner, Alan Hatherly, derde. Die mans-wedren is oor 109-kilometer beslis.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….