Nuus 16:00
BULLETIN 6 Maart 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Moody’s plaas Tshwane op hersiening vir afgradering weens vertraging met indiening van finansiële state
# Strenger tabakbeheer-wette kan ekonomieë ‘n hupstoot gee en werkskepping aanmoedig
# En, Steve Hofmeyr se seun sluit aan by die UIM as die nasionale jeugleier
# Die graderingsagentskap Moody’s het Tshwane op hersiening geplaas vir ‘n afgradering nadat die stad die spertyd misgeloop het om sy finansiële state vir 2022/23 betyds uit te gee. Die vertraging kan lei tot die opskorting van verhandeling in sy genoteerde skuld-instrumente. Burgemeester Cilliers Brink sê die stad het voldoen aan sy ondernemings aan die Ouditeur-Generaal en werk aan die indiening van die ge-ouditeerde finansiële state teen Dinsdag. Intussen het Ekurhuleni Moody’s se onlangse afgradering verwerp, en sê hy het geen formele ooreenkoms vir sulke beoordelings nie. Die metro oorweeg regstappe oor die skade aan sy reputasie weens die ongevraagde hersiening.
Brink sê intussen die metro gaan probeer om soveel moontlik uitstaande skuld in te vorder, en begin met die top-eenduisend verbruikers. Dié stap maak deel uit van Tshwane se finansiële herstelplan. Die burgemeesterskomiteelid vir Finansies, Jacqui Uys, sê hulle sal die #TshwaneYaTima-veldtog verskerp om die 23,3-miljard-rand te probeer invorder wat verskeie kliënte hulle skuld:
# Die direkteur van die Nasionale Raad teen Rook, Lekan Ayo-Yusuf, glo strenger tabakbeheer-wetgewing sal ekonomieë en werksgeleenthede bevoordeel. Dit is teenstrydig met die bedryf se voorspelling van werksverliese en ekonomiese agteruitgang. Volgens Suid-Afrikaanse en internasionale studies kan die verlaagde gebruik van tabak en e-sigarette werkskepping aanmoedig. Ayo-Yusuf meen ‘n afname in besteding op tabakprodukte lei tot meer uitgawes op ander plekke, wat tot werkskepping lei. Hierdie siening word deur Tobacconomics-navorsing gesteun. Daarvolgens het tabakbeheerbeleid geen invloed, of selfs ‘n positiewe uitwerking op werkverskaffing. Werksverliese is hoofsaaklik die gevolg van meganisering.
# Rugby: Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Zizi Kodwa, het die Springbokke sterkte toegewens met die begin van hulle internasionale seisoen. Kodwa het met die bestuur en spelers in Kaapstad vergader. Die woordvoerder, Litha Mpondwana, sê Kodwa het Rassie Erasmus se terugkeer as hoofafrigter en nuwe toevoegings tot sy afrigtingspan verwelkom. Hy het ook die span aangemoedig om hul wenmomentum te behou:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-86-sent teen die dollar, 20-rand-51-sent teen die euro en 23-rand-99-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 67-duisend-122-dollar-40-sent. Die prys van goud is twee-duisend-130-dollar-59-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 82-dollar-65-sent per vat.
# En ten slotte, die seun van die bekende Afrikaanse sanger, Steve Hofmeyr, het by die United Independent Movement aangesluit as nasionale jeugleier. Devon Hofmeyr sê hy is daartoe verbind om Suid-Afrika se uitdagings die hoof te bied, veral oor die dringende behoefte aan sterk leierskap vir ‘n beter toekoms. Hy het sy vertroue in die party se manifes, werksetiek en leierskap bevestig, met die fokus op werk en geregtigheid. Hofmeyr het die jeug gevra om saam met hom die party se visie vir ‘n voorspoedige en regverdige Suid-Afrika te ondersteun.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….