Eko-minuut 13:30
BULLETIN 6 Maart 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die Nasionale Vereniging vir Motorvervaardigers van Suid-Afrika moedig die publiek aan om elektriese voertuie te koop en eko-vriendelike vervoer te ondersteun. Ondanks ‘n noemenswaardige toename van 65-persent in die verkope van elektriese en hibriede voertuie tot sewe-duisend-693 verlede jaar, verteenwoordig dit steeds minder as twee-persent van nuwe voertuigverkope. News24 berig die vereniging se uitvoerende hoof, Mike Mabasa, skryf hierdie stadige vordering toe aan verwarring oor die onderskeie keuses en hoë invoerbelasting. Hy vra die regering om invoerbelasting te verminder en verbruikers aan te moedig om na groener vervoermoontlikhede oor te slaan.
# BloombergNEF voorspel Suid-Afrika sal vanjaar wêreldwyd die tiende grootste fotovoltaïese mark wees. Volgens die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Fotovoltaïese Bedryfsvereniging, Rethabile Melamu, groei die oorheersing van sonkrag-FV’s steeds. Die verslag dui groei van 76-persent internasionaal in fotovoltaïese vermoë aan. Voortdurende groei in dak-sonkrag word egter verwag, veral in die winter wanneer beurtkrag toeneem. Ondernemings se gebruik van dak-sonkrag sal ook na verwagting aansienlik styg, met battery-berging wat ‘n groot deel daarvan is.
# En, die Verenigde Nasies se Ekonomiese Kommissie vir Afrika waarsku die vasteland kan teen 2030 ‘n klimaat-befondsings-tekort van 47-duisend-miljard-rand ondervind. Die uitvoerende sekretaris, Claver Gatete, sê ondanks lae uitstralings is daar ernstige klimaatsgevolge vir Afrika, wat jaarliks vyf-persent van sy bruto binnelandse produk kos. Gatete sê slegs twee-persent van globale beleggings in skoon energie bereik Afrika. Die kommissie vra globale finansiële hervorming om aandag te skenk aan onbillike risiko-sienings en kredietgraderings.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….