Nuus 13:00
BULLETIN 6 Maart 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ANC in Tshwane eis burgemeester Brink se bedanking na die ooreenkoms met AfriForum
# Vyf mans wat aangekla word van die moord op AKA en Tibz verskyn weer in die hof
# En, rugby: Ierland mik na opeenvolgende Sesnasies-Grand Slams
# Die Groter Tshwanestreek van die ANC kritiseer die DA-geleide koalisie se vennootskap met AfriForum. Die ANC sê burgemeester Cilliers Brink behoort te bedank oor wat hulle sy ras-gesegregeerde benadering en verwaarlosing van ander belanghebbers noem. Brink het vroeër gesê hierdie soort samewerking is deel van die Tshwane Metro se benadering om saam te werk met sake-ondernemings, die maatskaplike samelewing en gemeenskappe om dienslewering te verbeter. Die ANC sê die besluit is verdelend en ‘n belediging vir belastingbetalers. Hulle vra die ooreenkoms moet herroep word en maak dit af as skadelik vir versoening.
# Vyf mans wat beskuldig word van die moord op Kiernan “AKA” Forbes en Tebello “Tibz” Motsoane, het vandag die tweede keer in die Durbanse Landdroshof verskyn. Die mans staan tereg op aanklagte van onder meer moord, sameswering om moord te pleeg en die onwettige besit van vuurwapens. Die Nasionale Vervolgingsgesag in KwaZulu-Natal se woordvoerder, Natasha Ramkisson-Kara, sê die staat het ook aanklagte van geldwassery bygevoeg:
# ‘n Wes-Kaapse onderneming het ‘n jaarlikse ooreenkoms ter waarde van 300-miljoen-rand verkry om hoenderpote aan China te verskaf. Hierdie betekenisvolle ooreenkoms, bevorder deur samewerking met Wesgro, het ten doel om die streek se landbou-uitvoermark te versterk. Die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging het egter kommer uitgespreek oor die afwesigheid van amptelike uitvoerprotokolle. Die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling het die bestaan van enige bilaterale ooreenkomste vir hoenderpoot-uitvoere na China ontken.
# Rugby: Ierland is bo-aan die Sesnasies-punteleer ná drie bonuspunt-oorwinnings. Die Ierse span pak Engeland Saterdag in die vierde ronde op Twickenham. Ierland wil graag opeenvolgende Grand Slams verower. Hulle het die afgelope vier wedstryde teen Engeland gewen. Afhangende van ander uitslae, kan Ierland die Sesnasies-titel in Londen verower, maar die stut, Cian Healy sê, hulle fokus is eintlik op ‘n goeie vertoning:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-88-sent teen die dollar, 20-rand-53-sent teen die euro en 24-rand-2-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 67-duisend-143-dollar-79-sent. Die prys van goud is twee-duisend-125-dollar-81-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 82-dollar-49-sent per vat.
# En, die Verenigde Nasies se Ekonomiese Kommissie vir Afrika waarsku die vasteland kan teen 2030 ‘n klimaat-befondsings-tekort van 47-duisend-miljard-rand ondervind. Die uitvoerende sekretaris, Claver Gatete, sê ondanks lae uitstralings is daar ernstige klimaatsgevolge vir Afrika, wat jaarliks vyf-persent van sy bruto binnelandse produk kos. Gatete sê slegs twee-persent van globale beleggings in skoon energie bereik Afrika. Die kommissie doen ‘n beroep vir globale finansiële hervorming om aandag te skenk aan onbillike risiko-sienings en kredietgraderings.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….