Eko-minuut 13:30
BULLETIN 5 Maart 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die minister van Water en Sanitasie, Senzo Mchunu, en die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Barbara Creecy, het aangekondig dat die bespuiting van onkruid in die Vaalrivier met glifosaat opgeskort is. Die twee ministers het ‘n tegniese taakspan onder leiding van die Rand Water-bestuur tot stand gebring, ná openbare kommer oor die gebruik van glifosaat op waterslaai in die rivier. Die departement se woordvoerder, Wisane Mavasa sê nakoming- en toepassingsingrypings sal in die mediumtermyn verskerp word teen besoedelingsbronne wat die toestand vererger:
# Die DA in die Noord-Kaap het kragte saamgesnoer met die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie in ‘n privaat litigasiesaak oor Kimberley se verergerende rioolkrisis. Grondeienaars van Kamfersdam dagvaar die Sol Plaatje-munisipaliteit oor die toestand van die Homevale-watersuiweringsaanleg. Delmaine Christians van die DA sê die munisipaliteit se mislukking om die aanleg te herstel, is die hoofrede vir die toenemende rioolstortings langs die R31 en die N12, asook die geweldig hoë watervlakke van die Kamfersdam:
# En, laastens: Die Stad Kaapstad sê hy gebruik waardevolle geleenthede om jongmense te betrek by die kwessie van afval en hulle deur opvoeding aan te moedig om deel van die oplossing te wees. Die stad se Stedelike Afvalbestuurspan het onlangs die Laerskool iKhwezilesizwe in Khayelitsha besoek om waardevolle opvoeding oor herwinning te gee. Die burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Afvalbestuur, Grant Twigg, sê die stad se gelukbringer teen rommelstrooiery, Bingo, was van groot hulp:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….