Nuus 09:00
BULLETIN 3 Maart 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Vryheidsfront Plus se leier blameer die ANC vir Eskom se agteruitgang
# Minister Cele doen ‘n beroep vir eenheid en minder politiek in die soektog na Joslin Smith
# En, rugby: Die Blitsbokke hoop op ‘n 11de plek by Los Angeles-Sewes
# Die Vryheidsfront Plus se leier, Pieter Groenewald, beskuldig die ANC dat hy misluk het om korrupsie te bestry en sê swart ekonomiese bemagtiging bevoordeel slegs individue met politieke verbintenisse. Hy het in sy toespraak by die bekendstelling van die party se manifes in Pretoria die ANC blameer vir die agteruitgang van Eskom die afgelope30 jaar en voer aan gewone landsburgers dra nou die gevolge. Groenewald het die VF Plus se geloof in selfbeskikking en die desentralisasie van mag, insluitend na plaaslike owerhede, herbeklemtoon. Hy beweer president Cyril Ramaphosa weerhou die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering weens finansiële beperkings:
# Die minister van Polisie, Bheki Cele, het die gemeenskap van Diazville in Saldanhabaai aan die Weskus, waar Joslin Smith meer as ‘n week gelede vermis geraak het, verseker die polisie is steeds vasbeslote om die sewejarige op te spoor en met haar familie te herenig. Cele het gister die familie, asook die inwoners van die Saldanha-gebied ontmoet. Hy het ‘n beroep op gemeenskapslede gedoen om nie toe te laat dat diegene wat politieke munt uit die verdwyning van die meisie wil slaan, hulle verdeel nie:
# Die Wes-Kaapse LUR vir Gemeenskapsveiligheid en Polisie-oorsig, Reagan Allen, het die inhegtenisneming van twee SAPD-lede in verband met kaping en diefstal verwelkom. Die twee beamptes het na bewering ‘n vragmotor wat perlemoen ter waarde van 500-duisend-rand in Augustus 2022 van ‘n perlemoenplaas in Hermanus na die Kaapstadse Internasionale Lughawe vervoer het, op die N2-snelweg gekaap. Allen sê die span op die vragmotor is later in ‘n beboste gebied in Mitchells Plain vrygelaat terwyl die vragmotor naby die Wolfgat-natuuurreservaat opgespoor is, met die vrag perlemoen verwyder:
# Rugby: Die Blitsbokke kon weereens nie die mas by die Los Angeles-Sewes opkom nie. Hulle kom vanaand teen Kanada te staan in ‘n uitspeelwedstryd vir die 11de plek. Suid-Afrika kon slegs een wedstryd inpalm – vroeg vanoggend teen Spanje, wat hulle met 22-19 gewen het. Hulle het vroeër teen Samoa met 19-10 verloor, 17-5 teen Argentinië en 17-0 teen Ierland. Die Suid-Afrkaanse vroue sewes-span het geskiedenis by die toernooi gemaak toe hulle vir die eerste keer die kwarteindronde kon haal. Hulle speel vanaand teen Amerika in die uitklopstryd.
# En, ten slotte: Die regering doen ‘n beroep op Suid-Afrikaners om hule deel te doen in die versterking van menseregte en om die land se vryheid en demokrasie te koester wat teen groot koste behaal is. Hy sê Maart is ‘n buitengewone tydperk in Suid-Afrika wanneer Menseregtemaand herdenk word onder die tema Drie Dekades van Respek vir en die Bevordering van Menseregte. Die regering moedig landsburgers aan om die maand te gebruik om diegene te onthou en te eer wat vir vryheid geveg het en om hulle verbintenis tot die Menseregtehandves soos in die Grondwet verskans, te versterk.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….