Nuus 13:00
BULLETIN 2 Maart 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Vryheidsfront Plus se jeugleier herbevestig die party se verbintenis tot jeugbemagtiging
# Dan Marokane beplan om met álle vennote saam te werk om die beurtkraguitdaging op te los
# En, tennis: ‘n Russiese ster gediskwalifiseer na hy op die lynregter skreeu
# Die Vryheidsfront Plus se jeugleier, Tammy Breedt, het die party se verbintenis tot jeugbemagtiging herhaal, en die ANC se ekonomiese beleidsrigtings gekritiseer wat jongmense verder ontmoedig. Honderde ondersteuners het by die Heartfeld-arena in Pretoria byeengekom vir die bekendstelling van die party se verkiesingsmanifes. Die partyleier Pieter Groenewald gaan die sleutelprioriteite toelig, sou die party aan bewind kom. Breedt het in haar toespraak gesê die party is verbind tot ‘n beleid wat die groei en bevordering van jongmense landwyd steun:
# Die nuutaangestelde Eskom-uitvoerende groephoof, Dan Marokane, sê hy wil met alle vennote saamwerk, of dit nou indiwidue of georganiseerde instellings is, wat na vore gekom het om te help om die beurtkraguitdaging op te los. Hy voeg by hulle Eskom moet sy produkte en dienste verkoop, wat die beëindiging van beurtkrag noodsaaklik maak. Marokane sê dit kan gedoen word deur gefokus te wees, take met ywer aan te pak deur die regte vaardighede in te span en toe te sien dat dit gedissiplineerd uitgevoer word:
# Die DA in Gauteng eis die LUR vir Onderwys, Matome Chiloane, en die LUR vir Paaie en Vervoer, Kedibone Diale-Tlabela, moet die leerdervervoerbeleid hersien om die veiligheid van leerders te verseker. Dit volg na die ongeluk toe ‘n voertuig wat leerders van die Hoërskool Sandringham vervoer het, Donderdag in Alexandra met nog ‘n voertuig gebots het. Sergio dos Santos van die DA sê ses leerders het ligte beserings opgedoen en een se been is gebreek.
# Die Stad Johannesburg is gelas om 78 werkers wat tydens Mpho Phalatse se ampstermyn as burgemeester afgedank is, weer aan te stel. Die DA-geleide koalisie het in 2021 130 werkers afgedank en beweer dat hulle politieke aanstellings was. Geskille het ontstaan oor kontrak-omskakelings van vaste na permanente kontrakte, onder die voormalige burgemeester Geoff Makhubo se administrasie. In weerwil van die DA se bewerings van korrupsie het die Hooggeregshof die omskakelings as wettig verklaar. Die stad is aangesê om die werkers se regskostes te betaal.
# En, tennis: Die Russiese ster Andrey Rublev is gediskwalifiseer na hy op ‘n lynregter geskreeu het. Die 26-jarige is tydens gister se halfeindstryd by die Dubai-kampioenskap vir swak sportmansgees geskors, en het toegelaat dat sy teenstander, Alexander Bublik na die eindstryd deurdring. Die tweede gekeurde Rublev het sy humeur verloor na Bublik ‘n punt gewen het om die voortou met 6-5 in die beslissende stel te neem. Hy het volgehou hy het nie op die lynregter gevloek nie, maar is geskors en gaan sy ranglyspunte en prysgeld verbeur.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….