Nuus 15:00
BULLETIN 29 Februarie 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die kabinet loof die polisie vir die inhegtenisnemings in die AKA-moordsaak
# Vervoerprojekte van 60-miljoen-rand is in Kaapstad gestaak oor afpersing
# En, krieket: Green se onoorwonne honderdtal red Australië in die eerste toets teen Nieu-Seeland
# Die Kabinet het die Suid-Afrikaanse Polisiediens gelukgewens met hulle ywerige pogings wat gelei het tot die aankeer van sewe mense in verband met die moord op Kiernan ‘AKA’ Forbes en Tebello ‘Tibz’ Motsoane. Die kletsrymer en sy vriend is in Februarie verlede jaar in Durban doodgeskiet. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, het op ‘n nuuskonferensie gesê die twee verdagtes wat in Eswatini aangekeer is, wag op uitlewering na Suid-Afrika:
Die kabinet het ook die nasionale begroting verwelkom, wat die regering se vasbeslote toewyding weerspieël aan ekonomiese bestuur en moeilike besluite vir ‘n gebalanseerde begrotingstekort en ekonomiese groei. Ntshavheni sê die begroting fokus op kritieke prioriteite en steun vir kwesbare burgers. Maatreëls sluit in maatskaplike bystand vir arm mense en hulp vir weeskinders in huishoudings waar kinders aan die hoof staan:
# Kaapstad sê hy het sewe stedelike vervoerprojekte gestaak weens afpersingsdreigemente. Dit het ‘n uitwerking op die ekonomie. Die projekte se waarde is sowat 60-miljoen-rand. Die burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Vervoer, Rob Quintas, sê bykomende sekuriteit is ontplooi om die werkers te beskerm op projekte wat nié opgeskort is nie:
# Die gesondheidsorg-vakbond HAITU vra die Nasionale Gesondheidsdepartement om dringend alle vakatures vir verpleegkundiges te vul wat in die Gesondheidsombud se verslag oor die Rahima Moosa-moeder-en-kind-hospitaal in Johannesburg uitgewys word. Ondanks ‘n gesondheidsbegroting van 848-miljard-rand, is die vakbond bekommerd oor die toewysing om personeeltekorte aan pak, veral met ‘n groot persentasie verpleegkundiges ouer as 50, wat aftree-ouderdom nader. Die vakbond se woordvoerder, Lerato Mthunzi, vra dringende optrede om voldoende gesondheidsorgdienste vir alle burgers te verseker.
# Krieket: Australië het 279 vir nege aangeteken op die eerste dag van die eerste toets teen Nieu-Seeland in Wellington. Die besoekers is met ‘n onoorwonne honderdtal deur Cameron Green gered, terwyl nie een van die ander kolwers 50 kon haal nie. Mitchell Marsh het 40 aangeteken, Usman Khawaja 33 en Steve Smith 31. Matt Henry het vier paaltjies geëis en William O’Rourke en Scott Kuggeleijn, twee elk. Australië het die T20-reeks voor die toetswedstryde met 3-nul beklink. Die laaste toets word vanaf volgende Vrydag in Christchurch gespeel.
# En, die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-21-sent teen die dollar, 20-rand-84-sent teen die euro en 24-rand-33-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 62-duisend-673-dollar-83-sent. Die prys van goud is twee-duisend-en-30-dollar-93-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 81-dollar-96-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….