Nuus 17:00
BULLETIN 28 Februarie 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die nasionale polisie-hoofkwartier is ongeskik verklaar vir menslike gebruik
# Rugby: James Murphy sluit aan by die Blitsbokke in Los Angeles
# En, ‘n Skenking van 19-miljard-rand beteken gratis onderrig vir mediese studente in New York
# Die Suid-Afrikaanse Polisiediens se nasionale hoofkwartier in Pretoria is opdrag gegee om onmiddellik te sluit weens ‘n skokkende toestand. Solidariteit se afdeling vir Arbeidsgesondheid- en Veiligheid en die Departement van Arbeid het die gebou na klagtes ondersoek, en bevind dit kort ook basiese geriewe en hou veiligheidrisiko’s in. Dit is agt jaar gelede gekoop en opgeknap vir bykans 900-miljoen-rand. Die vakbond se adjunk-hoofsekretaris vir Openbare Bedryf, Helgard Cronjé, sê die polisie moet op veiligheidsinspeksies wag voor die gebou heropen kan word.
# Die Veelparty-handves vir Suid-Afrika het ‘n dapper plan aangekondig om beurtkrag uit te wis en volhoubare energie-ontwikkeling te bevorder. Elf partye het saamgewerk aan die plan wat gemik is op die afbreek van Eskom se monopolie (mo-noe-poe-lie), en die daarstelling van ‘n mededingende kragmark. DA-leier John Steenhuisen het die versnelde ontbondeling van Eskom uiteengesit, asook belegging in netwerk-infrastruktuur, en ‘n regulerende raamwerk vir mikro-netwerk-oprigting:
# Die premier van KwaZulu-Natal, Nomusa Dube-Ncube, het die ekonomiese herstelprogram in die provinsiale rede onthul. Sy het besin oor vorige ondernemings en toekomsplanne uiteengesit, en sê die regering het projekte weer op koers gebring om meer lugrederye te lok om na die King Shaka Internasionale Lughawe te vlieg. Sy het dankbaarheid uitgespreek teenoor lugrederye soos Emirates, Qatar Airways, Turkish Airlines, Air Link, Eswatini Air, en ander vir die herbelegging in roetes wat nie net die toegang na buurlande verbeter nie, maar wêreldwyd ook:
# Rugby: James Murphy het by die Blitsbok-groep in die VSA aangesluit terwyl hulle voorberei vir die naweek se sewestoernooi in Los Angeles. Hy vervang Ricardo Duarttee, wat weens persoonlike redes na Suid-Afrika teruggekeer het na die toernooi in Vancouver, Kanada. Murphy het einde Januarie in Perth laas vir die Springbok Sewes gespeel en is gretig om weer ‘n bydrae te maak:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-25-sent teen die dollar, 20-rand-80-sent teen die euro en 24-rand-31-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 59-duisend-395-dollar-64-sent. Die prys van goud is twee-duisend-en-29-dollar-63-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 81-dollar-90-sent per vat.
# En, om mee af te sluit: ‘n Skenking van meer as 19-miljard-rand aan ‘n mediese skool in New York word beskryf as die grootste van sy soort ooit in die Verenigde State. Dit is gedoen deur ‘n oud-professor in pediatrie aan die Albert Einstein-kollege, Ruth Gottesman, vir gratis onderrig aan studente aan die instelling. Sy is die weduwee van die Wall Street-belegger, David “Sandy” Gottesman, wie se fortuin op 57-miljard-rand bereken is toe hy in 2022 oorlede is. Die 93-jarige Gottesman sê sy is geseënd om die skenking te kan doen aan so ‘n verdienstelike saak.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….