Nuus 09:00
BULLETIN 19 November 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Fase-3 beurtkrag word van 9-uur vanoggend af ingestel
# Die regering verwelkom Standard and Poor’s se bevestiging van ‘n bestendige ekonomiese vooruitsig
# En, krieket: Slapelose Indië-ondersteuners oorgehaal vir Wêreldbeker-titelkragmeting
# Eskom het aangekondig Fase-3 beurtkrag word van 9-uur vanoggend af ingestel tot Maandagoggend 5-uur. Eskom sal vanmiddag die vooruitsigte vir die week bekend maak.
Vroeër het Eskom die suksesvolle sinchronisasie aangekondig van Eenheid 1 by die Koeberg-kernkragsentrale met die netwerk, nadat drie stoomopwekkers vervang is. Volgens die Eskom-woordvoerder Daphne Mokoena is dit ‘n groot mylpaal in die operasionele opwekking-herstelplan, en stem dit ooreen met die kragvoorsiener se strategiese doelwitte. Mokoena sê die tydperk wat Eenheid- 1 uit diens was, was die langste in die stasie se geskiedenis. Sy voeg by Eenheid-2 sal aan diens onttrek word sodra Eenheid-1 bestendig is, na die voltooiing van al die nodige ingebruiknemingstoetse:
# Die regering het erkenning gegee aan Standard and Poor’s se besluit om die land se langtermyn buitelandse en plaaslike geldeenheid-skuldbepaling op ‘BB-minus’ en ‘BB’, onderskeidelik, te bevestig. Die agentskap skryf die bestendige vooruitsig toe aan ‘n geloofwaardige reserwebank, ‘n aanpasbare wisselkoers en ‘n geldeenheid waarin aktief handel gedryf word. Positiewe aanduiders sluit in toenemende privaatsektor belegging in kragopwekking en hernubare stelsels. Die regering het sy toewyding uitgespel tot die stimulering van die bruto binnelandse produk deur die verbetering van elektrisiteitsvoorsiening, die optimalisering van logistiek en die versterking van infrastruktuurlewering oor die volgende drie jaar.
# Die DA moedig alle ongeregistreerde kiesers wat in aanmerking kom aan om deel te neem aan die kiesersregistrasieproses by die onderskeie OVK-sentrums regoor die land. Die party se parlementslid Gregory Krumbock het in Kaapstad beklemtoon hoe belangrik dit is om te stem vir ‘n regering wat werk. Na sy mening is dit tyd om miljoene Suid-Afrikaners te bevry van die mislukkings van ‘n ANC-geleide regering, terwyl hy volhou die DA is die party wat dinge gedoen kry:
# Krieket: Duisende slapelose, vlag-swaaiende ondersteuners in hulle blou Indië-hemde het vroeg vanoggend die strate volgepak buite die wêreld se grootste krieketstadion, met opwinding wat oplaai vir vandag se Wêreldbeker-eindstryd tussen die gashere en Australië. Die skouspelagtige afronding van krieket se belangrikste toernooi, met 48 wedstryde oor 46 dae tussen tien spanne in tien stadions word vandag voltooi in die indrukwekkende 132-duisend-kapasiteit arena wat vernoem is na eersteminister Narendra Modi in Indië se westelike stad Ahmedabad. AFP berig die Australiese eerste minister Richard Marles sal hom vandag by die wedstryd by Modi aansluit.
# En, om mee af te sluit: Die polisie doen ‘n beroep op ouers en voogde om waaksaam te wees om hul kinders se aanlyn bedrywighede te monitor te midde van ‘n oplewing in aanlyn sekspes-voorvalle. Hierdie raad volg ná die inhegtenisneming van ‘n 60-jarige verdagte wat verbind word met ‘n aanlyn seks-sindikaat wat kinders in KwaZulu-Natal teiken. Die verdagte is gevind in besit van duisende ontstellende beelde en video’s wat kinderpornografie bevat. ‘n Gesamentlike operasie deur die polisie en Amerika se Binnelandse Sekerheid het 27 verdagtes geïdentifiseer. Owerhede beveel aan ouers moet sagteware installeer om skadelike inhoud op hul kinders se toestelle te versper.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….