Nuus 11:00
BULLETIN 24 Februarie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Nasionale Tesourie steun die hersiening van die Reserwebank se inflasieteiken
# Die Spesiale Ondersoekeenheid word gemagtig om korrupsie in Vrystaatse departemente te ondersoek
# En, boks: Minister Kodwa kondig ‘n rekenpligtige amptenaar aan vir Boks Suid-Afrika
# Die Nasionale Tesourie het steun uitgespreek vir die hersiening van die Reserwebank se inflasieteiken om mededingendheid te versterk en die negatiewe uitwerking van prysstygings op arm mense te verlig. Die sentrale bank se teiken is tans tussen drie- en ses-persent, met voorkeur vir inflasie wat in die middelpunt geanker is. Die Nasionale Tesourie se onderskywing van die hersiening reflekteer die voortgesette gesprek oor monetêre beleid en die implikasies daarvan op ekonomiese bestendigheid en groei. Die Reserwebank maak op 27 Maart sy volgende terugkoopkoers bekend.
# Die DA-leier John Steenhuisen het bewerings ontken van die voormalige leier van die DA in Gauteng en stigter van die Xiluva-party, Bongani Baloyi, oor die gebruik van kaderontplooiing in die party. Baloyi beweer senior munisipale aanstellings het goedkeuring vereis van die DA se federale uitvoerende komitee, iets wat Steenhuisen ontken:
# Die Spesiale Ondersoekeenheid sal verkrygingspraktyke en betalings ondersoek in die Vrystaatse Departemente Openbare Werke en Menslike Nedersettings, en die provinsiale wetgewer. Dit volg nadat president Cyril Ramaphosa die eenheid gemagtig het om beweerde korrupsie, bedrog en wanadministrasie in die provinsie te ondersoek. Die woordvoerder, Kaiser Kganyago, sê hulle sal fokus op onbehoorlike gedrag, onregmatige uitgawes en onreëlmatige transaksies. Bewyse van misdadige optrede sal aan die Nasionale Vervolgingsgesag gestuur word.
# Die eerste Amerikaanse ruimtetuig op die maan sedert Apollo, het waarskynlik voorkant-eerste die grond getref nadat dit met ‘n rots gebots het in ‘n dramatiese landing. Die maatskappy wat Odysseus gebou het, sê dit het naby die maan se suidpool geland ná ‘n spannende daling, waartydens die spanne tuis na ‘n rugsteun-rigtingstelsel moes omskakel. Dit het etlike minute geneem om radiokontak te bewerkstellig nadat die tuig die grond getref het. AFP berig, die tuig lê op sy sy, en dit het ván die glans ontneem van die poging wat wyd gehuldig is as ‘n geskiedkundige prestasie. NASA se wetenskaplike eksperimente kan moontlik nog werk.
# En laastens, boksnuus: Die minsiter van Sport, Kuns en Kultuur, Zizi Kodwa, het Boks Suid-Afrika se waarnemende uitvoerende hoof, Mandla Ntlanganiso, aangestel as rekenpligtige amptenaar, vanaf vandag. Die aanstelling, bekragtig deur die Nasionale Tesourie, is daarop gemik om duidelikheid aan belanghebbendes, promoters en boksers te voorsien, dat alle goedgekeurde gevegte sal voortgaan soos beplan. Die ministerie se woordvoerder, Litha Mpondwana, sê Kodwa beloof om vinnig aandag te gee aan regskwessies, en werk daaraan om goeie korporatiewe bestuur te herstel:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….