Nuus 07:00
BULLETIN 24 Februarie 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# ActionSA sê kaderontplooiing verlam die land
# Solidariteit daag die Regspraktykraad se besluit uit om Afrikaanse eksamen uit te faseer
# En, tennis: Die gunsteling Iga Swiatek uit Dubai-ope
# Die leier van ActionSA, Herman Mashaba, het die ontplooiing van kaders gekritiseer en sê dit strem ekonomiese groei. Mashaba het die DA ook van skynheiligheid beskuldig en voer aan die party beoefen ook kaderontplooiing terwyl hy die ANC oor die kwessie teiken. Mashaba beweer daar was pogings om kaderontplooiing te beoefen tydens sy ampstermyn as DA-lid in die Stad Johannesburg:
# Die vakbond Solidariteit sê hy is diep teleurgesteld in die Regspraktykraad aangesien die versoeke om inligting of ‘n vergadering bloot op dowe ore geval het. Die vakbond het ‘n aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting ingedien wat omvattende besonderhede versoek, ná die raad se besluit om Afrikaans as taalmedium in die eksamen uit te faseer. Riaan Visser van Solidariteit sê hulle beoog om die regte van Afrikaanse kandidate te beskerm en grondwetlike beginsels van taalverskeidenheid en toegang tot regte te handhaaf:
# Kenia het die kwytskelding van toegangsgelde vir paspoorthouers van verskeie lande, insluitend Suid-Afrika, aangekondig na aanleiding van kritiek op die onlangs ingestelde fooi van 578-rand. Met dié stap poog die land om toerisme ’n hupstoot te gee en sakereisigers te lok. Die kwytskelding geld ook vir paspoorthouers van Ethiopië, Eritrea, Kongo-Brazzaville, die Comores, Mosambiek, lede van die Oos-Afrika-gemeenskap en San Marino. Reisigers van dié lande sal egter steeds ‘n geldige elektroniese reisdokument moet bekom wat 90 dae geldig is.
# Tennis: Die kwalifiseerder Anna Kalkinskaya van Rusland het die Poolse gunsteling Iga Swiatek in skoonstelle verras by gister se Dubai-ope, om haar plek te verseker in vanmiddag se eindstryd. Sy het Swiatek 6-4, 6-4 geklop en speel nou teen Jasmine Paolini van Italië, wat Sorana Cirstea van Romenië 6-2, 7-6 geklop het. Beide finaliste sal Maandag vir die eerste keer onder die top-twintig op die ranglys verskyn.
# En, om mee af te sluit: Die Johannesburgse Dieretuin bied toegang teen ‘n spesiale tarief van 20-rand per persoon vir die hele Maart ter viering van sy 120ste verjaarsdag. Die dieretuin het nou meer as twee-duisend spesies en sê hy het ‘n lang pad gekom vandat hy in 1904 tot stand gekom het met slegs vyf diere in hokke. Hierdie aanbod het ten doel om die uitgebreide wildversameling toeganklik te maak vir gesinne en mense om die dieretuin se uiteenlopende versameling van diere teen ‘n bekostigbare prys te verken.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….