Nuus 11:00
BULLETIN 21 Februarie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die African Transformation Movement sê die verkiesingsdatum gee politieke partye genoeg tyd om voor te berei
# Slegs tien-persent van Europeërs meen Oekraïne kan Rusland nog verslaan
# En rugby, die Springbok-vrouesewes-span wil beter vaar in Vancouver
# Die African Transformation Movement sê hulle is gereed en bereid om die leierskap oor te neem, bemagtig met ‘n visie van eenheid, vooruitgang en inklusiewe bestuur. President Cyril Ramaphosa het bevestig die algemene verkiesing word op 29 Mei vanjaar gehou. Die ATM se woordvoerder, Zama Ntshona, sê die vasstelling van die verkiesingsdatum is ‘n belangrike mylpaal en bied genoeg tyd aan politieke partye om goed voor te berei vir die verkiesingsproses:
# Die Freedom Foundation sê die Nasionale Tesourie se probleem is drievoudig: dalende inkomste, stygende lenings en skuld, en groter besteding. Hy sê daarom moet die minister van Finansies, Enoch Godongwana, een of meer van hierdie veranderlikes aanpas. Die minister lewer vanmiddag sy langverwagte begrotingsrede. Leon Louw van die stigting sê die belangrikste aspek van ‘n begroting is die welvaart wat dit verbruik:
# Die DA in Ekurhuleni sê die 167 lede van Ekurhuleni se metropolisiedepartement het volgens die 2022-oudit misdaadrekords. Ten spyte van munisipale wette wat dit verbied dat munisipale polisie met misdaadrekords mag dien, is nie een van hierdie beamptes gearresteer of geskors nie. Die DA eis onmiddellike optrede en beklemtoon dat beamptes wette moet nakom om inwoners se veiligheid te verseker. Die party glo Ekurhuleni se geloofwaardigheid ly onder die ANC/EFF-koalisie en stel vertroue in wetstoepassing in gevaar.
# Byna twee jaar ná die volskaalse Russiese inval in Oekraïne, meen slegs tien persent van Europese burgers dat Oekraïne Rusland nog kan verslaan. Dit is volgens ‘n opname in opdrag van die Europese Raad vir Buitelandse Betrekkinge. Die opname het bevind, slegs een uit tien, uit die 12 lande wat ondervra is, meen Oekraïne sal op die slagveld wen, terwyl 20-persent ‘n Russiese oorwinning voorsien. Die peiling toon 37-persent van die respondente glo die oorlog gaan in ‘n onderhandelde skikking eindig.
# Rugby: Die Springbok-vrouesewes-span wil by die Wêreldreeks onder die top-agt eindig om hulle kern-status vir volgende seisoen te bevestig. Hulle het in die eerste deel van die reeks een wedstryd in Dubai gewen, niks in Kaapstad nie en twee verlede maand in Perth. Suid-Afrika is die naweek in Vancouver in dieselfde groep as Ierland, Nieu-Seeland en Brasilië. Die Springbok-sewespeler, Marlize de Bruin, sê dit was swaar om verlede maand met sewe-nul teen Brasilië te verloor:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-86-sent teen die dollar, 20-rand-40-sent teen die euro en 23-rand-82-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 51-duisend-683-dollar-3-sent. Die prys van goud is twee-duisend-29-dollar-90-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 82-dollar-54-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….