Nuus 11:00
BULLETIN 20 Februarie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Prasa verwelkom die Spesiale Ondersoekeenheid se ondersoek na tenderkontrakte en spookwerkers
# Die Suid-Afrikaanse Polisie-unie vra ‘n groter begroting vir gemeenskapspolisieforums
# En, die EFF in Gauteng sê Panyaza Lesufi se provinsiale rede was futloos
# Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika verwelkom toestemming aan die Spesiale Ondersoekeenheid om bewerings van ernstige wanadministrasie in die agentskap se sake te ondersoek. Die ondersoek na Prasa hou verband met bedrieglike eise van aanspreeklikheid wat deur die instelling se Groepversekeringsdepartement verwerk en betaal het. Die ondersoek sal ook uitgebrei word na spookwerkers. Prasa se woordvoerder, Andiswa Makhanda, sê die ondersoek sal skoon en doeltreffende bestuur by die instelling bevorder en korrupsie uitwis:
# Die polisievakbond, SAPU, vra die regering moet die 70-miljoen-rand wat toegeken word vir gemeenskaps-polisieforums verhoog om bronne en samewerking te verbeter in die stryd teen misdaad. Dit volg op die minister van Polisie, Bheki Cele, se vrystelling van die misdaadsyfers vir die derde kwartaal, wat ‘n styging van 2,1-persent aandui in die moordkoers. Die vakbond is bekommerd oor die veiligheid van wetstoepassers en sê pro-aktiewe optrede is nodig. Volgens SAPU speel die forums ‘n deurslaggewende rol in die versterking van openbare veiligheid en die hantering van die uitdagings wat misdaad inhou.
# Die EFF in Gauteng beskryf premier Panyaza Lesufi se Provinsiale Rede as futloos en vol leë beloftes. Die kern van die premier se toespraak was pogings om misdaad te voorkom en planne om Gauteng in ‘n beleggingsvriendelike bestemming te omskep. Die EFF se provinsiale voorsitter, Nkululeko Dunga, sê Lesufi het misluk om planne te finaliseer vir ekonomiese geleenthede en om werk vir twee-miljoen inwoners van Gauteng te verseker:
# Die Britse regering het oproepe verwerp dat ‘n gevangene uitgeruil word vir die vrylating van Vladimir Kara-Murza, wat dubbele Britse-Russiese burgerskap het. Hy is ʼn gewese joernalis wat 25 jaar tronkstraf vir hoogverraad in Moskou uitdien. Kara-Murza het twee voorvalle van vergiftiging, waarvoor hy Russiese owerhede blameer, oorleef. Hy verwerp die aanklagte teen hom en sê dis omdat hy hom teen president Vladimir Putin uitspreek. Lede van die Britse parlement het ná Alexei Navalny se dood vrese uitgespreek dat Kara-Murza volgende kan wees. Die regering sê hy doen alles moontlik om Kara-Murza se vrylating te bewerkstellig.
# Krieket: Engeland se afrigter, Brendon McCullum, het sy steun aan Jonny Bairstow toegesê en sê hy beplan nie om hom weg te laat vir die vierde toets teen Indië nie. Die 34-jarige is skerp gekritiseer oor sy kolfwerk toe hy slegs 102 lopies in die eerste drie toetse aangeteken het. Hy het vier lopies aangeteken in Engeland se nederlaag van 434 lopies in die derde toets in Rajkot. McCullum erken Bairstow het in die reeks onderpresteer, maar sê hulle moet sy selfvertroue herstel en hom help om op die taak ter hande te fokus.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-98-sent teen die dollar, 20-rand-45-sent teen die euro en 23-rand-90-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 51-duisend-950-dollar-53-sent. Die prys van goud is twee-duisend-en-19-dollar-80-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 83-dollar-40-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….