Nuus 15:00
BULLETIN 19 Februarie 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ANC sal kaderontplooiingsrekords aan DA oorhandig
# Internasionale Geregshof hoor saak aan teen Israel se besetting van Palestina
# en Tennis: Sinner word Italianer in hoogste wêreldposisie ooit
# Die ANC verwerp die DA se dreigemente oor aanklagte van minagting van die hof oor sy kaderontwikkelingsbeleid. Die regerende party sê hy gaan voldoen aan die Konstitusionele Hof se uitspraak en sal dit teen die einde van vandag doen. Die ANC sê hy het alle vereistes van die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting nagekom. Die party vra Leon Schrieber van die DA om die regte van hierdie persone te respekteer en die rekords wat aan hom oorhandig word, te gebruik vir die doel soos uiteengesit in sy aansoek.
# Die LUR vir Onderwys in Gauteng, Matome Chiloane, het leerders versoek om hulle te weerhou van geweld in skole. Dit volg nadat die hoof van die Laerskool Primrose in Germiston geskiet is, na bewering deur ‘n graad 6-leerder. Die leerder verskyn vandag in die hof op aanklagte van poging tot moord, saam met die pa, wat teregstaan op aanklagte van nalatigheid. Chiloane het op ‘n nuuskonferensie die behoefte aan rehabilitasie vir die betrokke leerder beklemtoon:
# Die hoogste hof van die Verenigde Nasies het met verhore begin oor die regsgevolge van Israel se besetting van die Palestynse gebiede sedert 1967. ‘n Ongekende 52 lande sal na verwagting getuig. Lande, wat Amerika, Rusland en China insluit, sal regters toespreek in ‘n weeklange sitting in die Vredespaleis in Den Haag in Nederland, waar die Internasionale Geregshof gesetel is. Die verhore is afsonderlik van die hoë-profielsaak wat Suid-Afrika ingedien het, waarin beweer is Israel maak hom skuldig aan volksmoordoptrede in die huidige aanslag in Gaza.
# Tennis: Jannik Sinner het die Italianer in die hoogste posisie op die wêreldranglys ooit geword. Hy het opgeskuif na derde plek nadat hy gister die Rotterdamse Ope in Nederland gewen het. Die Australiese Ope-kampioen het Alex de Minaur van Australië verslaan in sy 15de agtereenvolgende oorwinning. Novak Djokovic van Serwië is steeds eerste, gevolg deur die Spanjaard Carlos Alcaraz, die Russe Daniil Medvedev en Andrey Rublev, en die Duitser Alexander Zverev. Holger Rune van Denemarke, Hubert Hurkacz van Pole, De Minaur en die Amerikaner Taylor Fritz voltooi die top-tien.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-89-sent teen die dollar, 20-rand-47-sent teen die euro en 23-rand-97-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 52-duisend-297-dollar-23-sent. Die prys van goud is twee-duisend-en-18-dollar-91-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 82-dollar-90-sent per vat.
# En, laastens: Die Suid-Afrikaanse Lugdiens het ‘n mylpaal bereik met sy viering van 90-jaar in die lugvaart-bedryf. Die SAL het byna ineengestort weens wanbestuur en finansiële onrus, maar het suksesvolle sakeredding ondergaan en likwidasie ontduik. Die lugredery het daarna oorweeg om ‘n meerderheid aandele te verkoop aan Takatso Aviation, maar die transaksie is steeds hangende. Die minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, het tydens die feesvierings verseker geen verdere reddingsboei word benodig nie:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….