Eko-minuut 13:30
BULLETIN 19 Februarie 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# President Cyril Ramaphosa sê Afrika-leiers vra lank reeds vir dringende en praktiese optrede teen klimaatsverandering omdat die vasteland kwesbaar is daarvoor. Klimaatsverandering is by die Afrika-unie se beraad in Ethiopië bespreek. Ramaphosa sê in sy weeklikse nuusbrief Suid-Afrika het ‘n klimaatsverandering-reaksiefonds gestig wat alle regeringsvlakke en die privaat sektor byeen bring. Hy sê die land sal voortgaan om te veg teen die instelling van eensydige klimaat- en omgewingsgebaseerde aksies, beleide en belastings.
# Gauteng se premier, Panyaza Lesufi, sê sonkrag-gasturbines sal na verwagting elektrisiteit verskaf aan byna 500 huise in die Alexandra-township. Die sonkragaanleg van een megawatt is deel van Gauteng se energiereaksieplan. Die premier en LUR van Samewerkende Regering, Tradisionele Sake en e-Regering, Mzi Khumalo, het gister die sonkrag-gasturbine-plaas in Far East Bank, Alexandra, besoek. Khumalo sê 1,2-miljard-rand is tot dusver opsy gesit vir Gauteng se sonkrag- en gasturbine-projek:
# En laastens: Die Stad Kaapstad sê die vervanging van kraanwater met behandelde afvalwater vir alle gebruiksdoeleindes, behalwe as drinkwater, is ‘n slim keuse vir ondernemings wat geld wil spaar. Die stad self gebruik behandelde rioolwater om parke en ontspanningsgeriewe te besproei. Die burgemeesters-komiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê behandelde afvalwater kan help om waterrekenings te verminder wanneer dit in vervaardigingsprosesse, besproeiing en konstruksie gebruik word:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….