Nuus 08:00
BULLETIN 19 Februarie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Parlement sê sy bestaande wette is voldoende om regters te verwyder
# Azapo maan die meer as 14-miljoen ongeregistreerde kiesers in die land om voor die verkiesing te registreer
# En tennis, Jannik Sinner wen sy eerste Rotterdam Ope-titel
# Die Parlement sê die huidige wette laat hom toe om voort te gaan om te stem of die geskorste Wes-Kaapse regterpresident, John Hlophe, en afgetrede regter Nkola Motata, verwyder moet word. Hlophe het ‘n aansoek by die Wes-Kaapse Hooggeregshof ingedien om die Parlement met ʼn interdik te keer om Woensdag oor sy verwydering te stem. Hy voer aan die Parlement het nie reëls aanvaar vir die beskuldiging van ʼn regsamptenaar nie. Die Parlement sê sy besluit is geldig om voort te gaan en die portefeuljekomitee vir Justisie en Korrektiewe Dienste se aanbevelings te oorweeg om Hlophe en Motata te verwyder.
# Die Azanian People’s Organisation sê die komende nasionale verkiesing is belangrik vir die land se toekoms. Die party moedig die meer as 14-miljoen mense in die land wat oud genoeg is om te stem, aan om as kiesers te gaan registreer. AZAPO se woordvoerder, Jabu Rakwena, sê kiesers se gebrek aan belangstelling gaan nie korrupte politici uit die regering kry nie:
# Gauteng se LUR vir Onderwys, Matome Chiloane, besoek vandag die Primrose Primary School in Germiston nadat die 51-jarige skoolhoof Vrydag deur ʼn graad ses-seun geskiet is. Die polisie ondersoek die omstandighede rondom die skietvoorval. Die departement se woordvoerder, Steve Mabona, sê die skoolhoof sterk na die voorval nog in die hospitaal aan en die leerder is in hegtenis geneem:
# Minstens 53 mense is in ʼn lokval in Papoea-Nieu-Guinee se Hoogland-streek dood. Die polisie sê die mans is in die Enga-provinsie doodgeskiet nadat ʼn geskil tussen stamme handuit geruk het. Dis volgens berigte die ergste slagting in die land se onlangse geskiedenis. Stamgeweld het sedert die verkiesing in 2022 toegeneem. Sedert Augustus verlede jaar het konflik in die Hoogland-streek tot die dood van meer as 150 inwoners gelei.
# Tennis: Die heersende Australiese Ope-kampioen, Jannik Sinner, het sy tweede toervlaktitel van die seisoen opgeraap toe hy die Rotterdam Ope gewen het. Die Italianer het Alex de Minaur van Australië met 7-5 en 6-4 verslaan om die titel vir die eerste keer te wen. Die 22-jarige speler klim nou tot nommer drie op die ATP-ranglys wat die hoogste van sy loopbaan is. Sinner sê hy is trots op sy spelpeil in die toernooi:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-88-sent teen die dollar, 20-rand-36-sent teen die euro en 23-rand-82-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 52-duisend-74-dollar-62-sent. Die prys van goud is twee-duisend-21-dollar-18-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 82-dollar-91-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….