Nuus 11:00
BULLETIN 17 Februarie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA stel sy verkiesingsmanifes in Pretoria bekend
# ‘n Opname toon die onkoste verbonde aan werksoek is verbysterend hoog
# En, Paul McCartney is weer met sy 1961-Hofner baskitaar verenig
# Die DA sê sy geskiedkundige manifesbekendstelling vandag by die Uniegebou in Pretoria benadruk die historiese belangrikheid en die potensiaal vir transformasie wat die party vir die land inhou. Ivan Meyer van die DA sê die manifes oortref blote beloftes; dit is ‘n deeglik nagevorsde, inligting-gedrewe plan wat die huidige krisisse in die land kan oplos. Die party doen nou ‘n beroep op president Cyril Ramaphosa om die verkiesingsdatum dringend aan te kondig:
# Die Gautengse LUR vir Maatskaplike Ontwikkeling, Landbou, Landelike Ontwikkeling en die Omgewing, Mbali Hlophe, het die moord op ‘n 38-jarige Green Army-spanleier by die Jabulani-hostel in Soweto veroordeel. Mduduzi Mbense het gister ‘n skoonmaakveldtog by die hostel gelei. Hlophe sê die Green Army is ‘n Uitgebreide Openbare Werkeprogram wat geskep is om met afvalbestuur te help deur die opruiming van onwettige stortings en die optel van rommel:
# ‘n Opname toon agt uit tien Suid-Afrikaanse jeugdiges staan voor ‘n moeilike keuse tussen werksoek en kos koop weens groot uitgawes. Youth Capital se Beyond the Cost-verslag het onkoste verbonde aan werksoek uitgelig as ‘n hindernis vir jongmense. Vervoerkoste, veral taxi’s, verhoog hul uitgawes, ondanks ‘n mate van verligting met dalende datakoste. Die projekleier, Kristal Duncan-Williams, het aanlyn onderhoude voorgestel om finansiële laste te versag.
# Tennis: Die wêreld nommer een, Iga Swiatek van Pole, mik vandag na haar derde Kataarse Ope-titel. Sy het die eindstryd gehaal toe die Tsjeg Karolina Poliskova weens ‘n besering moes onttrek aan hulle halfeindstryd. Pliskova het Naomi Osaka van Japan in die vorige ronde verslaan. Swiatek probeer om die eerste vrou te word om ‘n WTA-toernooi drie jaar na mekaar te wen na Serena Williams in die Miami-ope tussen 2013 en 2015. Sy speel vanmiddag teen Elena Rybakina van Kazakstan.
# En ten slotte: ‘n Lid van die Beatles, Paul McCartney is weer met sy 1961-Hofner baskitaar verenig wat meer as vyftig jaar gelede gesteel is. McCartney het die kitaar gebruik in die opname van vroeë treffers soos Love Me Do, She Loves You, en Twist and Shout. Die kitaar is in 1972 uit ‘n bussie gesteel wat gebruik is om toerusting te vervoer. Dit is opgespoor na ‘n aanlynveldtog en was in besit van ‘n familie in Hastings, in die suide van Engeland, wat dit geërf het.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….