Nuus 08:00
BULLETIN 17 Februarie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Internasionale Geregshof verwerp Suid-Afrika se pleidooi vir nog maatreëls in Gaza
# Tax Justice SA waarsku teen mafia-staat bedreiging te midde van verwagte sondebelasting verhogings
# En, Senegal se hof blokkeer president se poging om verkiesings uit te stel
# Die Internasionale Geregshof sê dit is nie nodig vir bykomende noodmaatreëls om die regte van Palestyne te beskerm nie, na Israel se offensief in Rafah. Suid-Afrika het die hof versoek om te oorweeg of Israel se plan om sy aanvalle in Gaza na Rafah uit te brei, bykomende noodmaatreëls benodig om Palestyne se regte te beskerm. Die hof het tot die slotsom gekom, wat hy noem die gevaarlike situasie in die Gaza-strook en in veral Rafah, vereis die onmiddellike en doeltreffende implementering van die voorlopige maatreëls wat in sy bevel van 26 Januarie vervat is.
# Tax Justice South Africa waarsku oor potensiële verhogings in sondebelasting wat in volgende week se begroting aangekondig sal word, kan die weg baan vir misdaad-netwerke en Suid-Afrika in die rigting van ‘n mafia-staat stuur. Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, sal na verwagting beduidende aksynsbelastingverhogings op alkohol en tabakprodukte aankondig. Die stigter, Yusuf Abramjee, sê onvolhoubare aksynsbelasting en onbeheersde onwettige handel kos die land jaarliks 100-miljard-rand. Abramjee vra bestaande wette moet afgedwing word om ondernemings, werksgeleenthede en noodsaaklike inkomste te beskerm:
# Die Departement van Korrektiewe Dienste het bevestig dat twee senior beamptes afgedank i nadat hulle skuldig bevind is aan die nie-nakoming van verkrygingsvoorskrifte wat verband hou met persoonlike beskermingstoerusting vir die Covid-19-pandemie. ‘n Woordvoerder, Singabakho Nxumalo, sê drie senior bestuurders is aan ʼn tugproses onderwerp:
# Die Konstitusionele Hof in Senegal het beslis die besluit om dié maand se presidensiële verkiesing uit te stel, is teen die grondwet. Die hof het president Macky Sall se dekreet en ‘n omstrede wet van die parlement om die verkiesing na Desember uit te stel, nietig verklaar. ‘n Vooraanstaande opposisieleier het die beslissing as ‘n “oorwinning vir demokrasie” beskryf. Betogings het oral uitgebreek in die land wat eens as ‘n bastion van bestendigheid in Wes-Afrika beskou is.
# En, rugby: die Haaie se Springbok-haker, Bongi Mbonambi, gaan sy eerste wedstryd speel nadat hy in die Wêreldbeker-eindstryd beseer is. Hy is op die bank vir vanmiddag se Verenigde Rugbykampioenskap-kragmeting met die Stormers in Durban. Daar is sewe Bokke in die tuisspan se begin-vyftiental en Mbonambi en nog drie ander is op die bank. Die slot, Eben Etzebeth, is nie beskikbaar nie omdat hy ʼn knie-operasie moes ondergaan. Die afskoptyd op Kingspark is vyf-oor-vyf ná nog ʼn plaaslike derby tussen die Leeus en die Bulle in Johannesburg.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….