Nuus 16:00
BULLETIN 15 Februarie 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA hou president Ramaphosa aanspreeklik vir die dood van soldate in die DRK
# Die krag is weer aan in die Sentrale Karoo
# En, Tennis: Jannik Sinner behaal ‘n maklike oorwinning in sy eerste wedstryd sedert sy Australiese Ope-oorwinning
# Die DA gee president Cyril Ramaphosa die skuld vir die dood van twee lede van die Suid-Afrikaanse Weermag. Hulle het gister gesterf in ‘n mortieraanval in Goma in die Demokratiese Republiek van die Kongo. Die DA se nasionale woordvoerder vir Verdediging en Militêre Veterane, Kobus Marais, dring aan Ramaphosa moet gewaarsku word teen die ontplooiing van meer soldate weens onvoldoende vermoë om die M23-rebelle te beveg. Marais versoek die Parlement om verdere lewensverlies te voorkom:
# Die EFF sê hul verkiesingsmanifes, met sy verbintenis tot aandag aan belangrike kwessies soos grond, werk, energie en onderwys, is ‘n duidelike demonstrasie dat hul agenda die mense eerste stel. Die party sê sy manifes doen ‘n oproep tot optrede onder die temas, “ons grond en werksgeleenthede nou” en “stop beurtkrag”. Die EFF-leier, Julius Malema, het die media by die party se hoofkwartier in Johannesburg ingelig en hulle dankbaarheid betuig teenoor diegene wat die Kwazulu-Natalse bekendstelling van die manifes bygewoon het:
# Eskom het bevestig die kragtoevoer na dorpe en omliggende gebiede in die Sentrale Karoo is ten volle herstel. Die gebied was sedert die derde van hierdie maand sonder krag nadat ‘n storm die ineenstorting van kritieke infrastruktuur veroorsaak het. Kliënte in dorpe soos Sutherland, Laingsburg, Ladismith, Leeu-Gamka, Merweville, Matjiesfontein en Prins Albert is geraak. Eskom sê spanne het onverpoosd gewerk om die netwerk weer aan te kry, met die eerste van sewe substasies wat sedert vroegoggend werkend is. Kliënte in die gebiede wat geraak is, sal tot volgende Maandag vrygestel word van beurtkrag.
# Tennis: Die topgekeurde Jannik Sinner sal vanaand teen die gewilde Franse veteraan Gael Monfils te staan kom in die ronde van 16 op die Rotterdamse Ope in Nederland, nadat hy die plaaslike speler Botic van de Zandschulp maklik geklop het. Dit was sy eerste wedstryd sedert hy die Australiese Ope gewen het. Die Italianer sê hy besef almal wil hom klop sedert hy verlede maand sy eerste Grand Slam-titel verower het, maar hy is gereed vir die uitdaging. Die tweede gekeurde Rus, Andrey Rublev, en die vyfde-gekeurde Australiër, Alex de Minaur, is reeds deur na die kwarteindronde.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand teen die dollar, 20-rand-42-sent teen die euro en 23-rand-86-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 52-duisend-374-dollar-16-sent. Die prys van goud is een-duisend-997-dollar-8-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 81-dollar-1-sent per vat.
# En, laastens: Die bekende Suid-Afrikaanse keramiek-kunstenaar Mandi Friedman is gekies as die land se ambassadeur vir die 7de uitgawe van ‘Art Connects Women’ in Dubai. Friedman, wat bekroon is vir haar treffende en eksentrieke beeldhouwerke, veral haar werk met primate in Rwanda, poog om die nalatenskap van Dian Fossey, die bekende Amerikaanse primatoloog, te vereer. Friedman beskou dié geleentheid as ‘n platform om Suid-Afrikaanse keramiekkunstenaars wêreldwyd ten toon te stel en haar mede-kunstenaars op ‘n internasionale skaal te verteenwoordig.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….