Nuus 06:00
BULLETIN 14 Februarie 6 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Suid-Afrika nader die Internasionale Geregshof dringend oor die aanslag op Rafah
# Die kantoor van die Openbare Beskermer lig Busisiwe Mkhwebane in sy is nie geregtig op haar tien-miljoen-rand uitbetaling nie
# En rugby, die Springbokke is nie beskikbaar vir die naweek se Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryde nie
# Suid-Afrika sê Israel se aanslag op Rafah kom neer op ‘n ernstige en onherstelbare oortreding van die Volksmoord-konvensie. Die regering het ‘n dringende aansoek by die Internasionale Geregshof ingedien om voorlopige maatreëls in te stel om te voorkom dat Palestyne se regte geskend word. Kommer is aan die toeneem oor Israel se militêre optrede in die laaste toevlugsoord vir Gaza se oorblywende bevolking. Vincent Magwenya van die Presidensie sê die regering vra blitsige optrede om verdere skade te beperk te midde van die stygende dodetal in die Gaza:
# Suid-Afrika se poging om van die gryslys te kom ervaar struikelblokke weens ‘n gebrek aan samewerking tussen maatskappye. Die Finansiële Intelligensiesentrum bestempel regs- en eiendomspraktisyns as probleem-sektore wat versuim om ten volle betrokke te raak by risikobeoordelings wat deur die Finansiële Aksie-taakmag gelas is. Die sentrum beklemtoon die belangrikheid om aan die taakmag se vereistes te voldoen, waarsku oor reputasierisiko’s, en bevraagteken toesig-doeltreffendheid. Die sentrum doen ‘n ernstige oproep vir samewerking om geldwassery te bekamp en vir beter oorsig aan die spertyd van 24 Mei te voldoen.
# Die Kantoor van die Openbare Beskermer het glo die afgedankte voormalige Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, ingelig dat sy nie kwalifiseer om haar uitbetaling te ontvang nie weens die manier waarop sy die amp verlaat het. Mkhwebane eis ten minste tien-miljoen-rand nadat sy in September 2023 deur president Cyril Ramaphosa van haar pos onthef is. Die kantoor van die Openbare Beskermer het aan Mkhwebane gesê hy kon nie regverdiging in die Grondwet of die Wet op die Openbare Beskermer vind om die uitbetaling te magtig nie.
# Die voormalige DA-burgemeester van Kaapstad, Dan Plato, het by die People’s Movement for Change aangesluit. Hy het sy bedanking uit die DA aangekondig om by die PMC aan te sluit, gelei deur die ANC se voormalige Wes-Kaapse leier, Marius Fransman. Plato was vanaf Mei 2009 vir twee-jaar die burgemeester, en het weer in die posisie gedien vanaf November 2018 tot Oktober 2021. Tussendeur was hy die provinsie se LUR vir Gemeenskapsveiligheid. Fransman het die PMC in November van stapel gestuur.
# AfriForum Jeug het die Noordwes-Universiteit se besluit verwelkom om die skorsing van die finalejaarstudent, Shaun Christie, op te hef. Hy is verlede week geskors, nadat hy die universiteit se eerstejaar-oriëntasie-inhoud openlik gekritiseer het, veral LGBTQIA+ besprekings. Die jeugorganisasie se regspan het Christie in sy dissiplinêre verhoor bygestaan. Ronald Peters van AfriForum Jeug sê sy skorsing is gedeeltelik opgehef. Hy mag aan akademiese programme deelneem, maar word nie toegelaat word om die universiteit se openbare geleenthede by te woon nie:
# Rugby: Die Springbokke is nie beskikbaar vir die naweek se twee Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryde in Suid-Afrika nie, omdat hulle steeds besig is met hulle verpligte rusperiode. Die Haaie pak die Stormers in Durban terwyl die Leeus en die Bulle mekaar die stryd sal aansê in Johannesburg. Die Stormers se afrigter, John Dobson, sê hoewel hy sonder die Bok-staatmakers Manie Libbok, Deon Fourie en Damian Willemse moet klaarkom, sal die span versterk word deur die terugkeer van kaptein Salmaan Moerat, Evan Roos, Sacha Feinberg-Mngomezulu en Garry Porter.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-12-sent teen die dollar, 20-rand-42-sent teen die euro en 24-rand-8-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 49-duisend-372-dollar-72-sent. Die prys van goud is een-duisend-991-dollar-64-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 82-dollar-43-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….