Nuus 18:00
BULLETIN 13 Februarie 6nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa ontplooi lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag om die sending in die Oos-DRK te ondersteun
# Die GOOD Party is teleurgesteld in Ramaphosa se gebrek aan verbintenis tot ‘n basiese inkomstetoelae
# En, Rugby: Chasing the Sun 2 word op 24 Maart vrygestel
# President Cyril Ramaphosa het die ontplooiing van 2-duisend-900 lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag in die Oos-Demokratiese Republiek van die Kongo gemagtig. Dekades van konflik in die ooste van die Kongo tussen verskeie gewapende groepe oor grond en hulpbronne, het honderde duisende mense laat omkom en meer as sewe miljoen haweloos gelaat. Die presidensiële woordvoerder, Vincent Magwenya, het bevestig die toegekende begroting vir die ontplooiing tot 15 Desember beloop meer as twee miljard rand:
Intussen sê die GOOD Party hy is diep teleurstelling oor Ramaphosa se versuim om hom te verbind tot ‘n basiese inkomstetoelae, en sê dit is ontmoedigend. Tydens die staatsrededebat het die party se sekretaris-generaal, Brett Herron, erkenning gegee aan Ramaphosa se lys van fundamentele veranderinge, maar daarop gewys dat een uit elke drie landsburgers in weerwil van vorige verbeterings steeds in uiterste armoede leef. Herron eis onmiddellike optrede om armoede te verlig:
# Die Amerikaanse Senaat het ‘n hulppakket ter waarde van 1,79-duisend-miljard-rand vir Oekraïne, Israel en Taiwan goedgekeur. Die Demokraties-beheerde Senaat het met 72 teenoor 29 ten gunste van die pakket gestem toe 22 Republikeine saam met die Demokrate gestem het. Die wetgewing sal nou aan die Republikeins-beheerde Huis van Verteenwoordigers gestuur word. Reuters berig president Joe Biden het die Kongres maande lank aangemoedig om die nuwe hulp deur te haas, en het ook fondse vir humanitêre hulp in Gaza aangevra. Albei huise moet die wetgewing goedkeur voor Biden dit kan onderteken.
# Rugby: SuperSport het aangekondig Chasing the Sun 2 – A Story for South Africa – word op 24 Maart vrygestel. Dit is die opvolg van die eerste reeks wat die Springbokke se pad na ’n oorwinning in 2019 se Wêreldbeker-toernooi in Japan beskryf het. Die nuwe reeks van vyf episodes beskryf die span se triomftog in Frankryk verlede jaar, waar hulle die Webb Ellis-trofee vir ‘n rekord vierde keer verower het. SuperSport sê die nuwe reeks gee besonderhede oor die bloed, sweet, en opofferings, en die vreugde van die oorwinning ná jare se volharding en deursettingsvermoë.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-4-sent teen die dollar, 20-rand-41-sent teen die euro en 24-rand teen die pond. Bitcoin verhandel teen 48-duisend-895-dollar-90-sent. Die prys van goud is een-duisend-997-dollar-8-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 82-dollar-58-sent per vat.
# En, laastens: Amerikaanse voetbal: Die kykertal van meer as 123-miljoen mense vir Sondag se Super Bowl op televisie, was die grootste in die Verenigde State sedert die maanlanding. ’n Geskatte 125- tot 150-miljoen mense het in Julie 1969 toegekyk hoe Neil Armstrong die eerste persoon word wat ’n voet op die maan sit. Die vermoede bestaan dat die Amerikaanse sanger en liedjieskrywer Taylor Swift se bywoning, om haar kêrel Travis Kelce vir die kampioene Kansas City Chiefs te sien speel, die syfers moontlik ‘n hupstoot gegee het. Verlede jaar het 115,1-miljoen mense na die Super Bowl gekyk.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….