Eko-minuut 13:30
BULLETIN 12 Februarie 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing het mense weereens versoek om weens die jaarlikse rooigety nie uitgespoelde seediere te eet wat langs die Weskus gevind word nie. Dit sluit in garnale, krappe, inkvis, seewurms, haaie en krewe. Die departement se woordvoerder, Peter Mbelengwa, sê die voorkoms van uitgespoelde kreef hou aansienlike gesondheidsrisiko’s in, weens potensiële besoedeling deur alge-gifstowwe wat ernstige siektes of selfs die dood kan veroorsaak as dit geëet word:
# Die Stad Kaapstad sê hy ondersoek die voorsiening van alternatiewe energie in informele nedersettings waar woonstrukture nie aan die kragnetwerk gekoppel kan word nie. Dit is deel van die stad se program vir die stedelike energie-behoefte. Die burgemeesterskomiteelid vir Energie, Beverley van Reenen, sê toegang tot veilige en volhoubare bronne bly ‘n kritieke fokus vir die stad, nie net om lewensomstandighede te verbeter nie, maar ook om die gevaar van brande te beperk:
# En, laastens: Prins William se Earthshot-liefdadigheidsorganisasie sal in November sy toekenningseremonie in Kaapstad aanbied, ter viering van vyftien globale omgewings-oplossings. Die Earthshot-prys, ter waarde van 24-miljoen-rand, het ten doel om koolstof-uitstralings teen 2030 met meer as 40-persent te verminder en 30-persent van die natuur te beskerm. Geen datums is nog aangekondig nie, en dit is onduidelik of prins William of Kate Middleton dit gaan bywoon. Die uitvoerende hoof van die Earthshot-prys, Hannah Jones, beklemtoon die belangrikheid daarvan om omgewingsuitdagings in die Earthshot-dekade aan te spreek.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….