Nuus 17:00
BULLETIN 13 November 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Verkiesingskommissie publiseer die name van die verkose raadslede in die Staatskoerant
# ActionSA sê hy is bekommerd oor die DA se Gautengse burgemeesters-kandidate tydens koalisie-gesprekke
# En, die voormalige hoof van Nvidia, Jensen Huang, word verbind met nog ‘n werkplek-verhouding
# Die Verkiesingskommissie het die name van die nege-duisend-500 verkose munisipale raadslede in die Staatskoerant gepubliseer. Vyf wyks-tussenverkiesings sal ook gehou word nadat twee raadslede verskeie setels ingepalm het en drie dood is. Die OVK se voorsitter, Mosotho Moepya, het aan die media gesê munisipale bestuurders het nou 14 dae om die eerste raadsvergaderings te belê:
Intussen het die Afrika Mayibuye-beweging ‘n inhuldiging-slypskool gehou vir sy pas verkose 57 raadslede in die 34 munisipaliteite waar hy verteenwoordig word. Die nuwe beweging, wat die eerste keer aan ʼn munisipale verkiesing deelgeneem het, is die tweede grootste party in Groter-Giyani, Limpopo, waar hy 18,64-persent van die stemme gekry het. Mayibuye se woordvoerder, Sydney Baloyi, sê die slypskool het gefokus op munisipale raads- en komiteeprosedures, begrotings, raadslede se verantwoordelikhede, etiese leierskap en openbare deelname:
# ActionSA se nasionale voorsitter en hoofonderhandelaar, Michael Beaumont, bestempel die DA se burgemeesterskandidate in Johannesburg en Pretoria, Helen Zille en Cilliers Brink, as hindernisse in koalisie-samewerking. Hy het aan Newzroom Afrika gesê die party verkies plaaslik-gedrewe onderhandelings waartydens voorkeur gegee word aan leierskapsprestasie, toerekenbaarheid en bestendigheid wat nie deur nasionale party-strukture afgedwing word nie:
# Die voormalige uitvoerende hoof van Nvidia, Jensen Huang, het volgens Reuters-bronne ‘n buite-egtelike verhouding met ‘n tweede vroue-werknemer gehad. Die onthulling volg na berigte oor ander verhoudings, insluitend een met ‘n sakevrou wat deur Amerikaanse intelligensiedienste verdink word dat sy vir China spioeneer. Huang het erken hy was ontrou aan sy vrou, Lori, maar het nog nie op die jongste bewerings gereageer nie. Die Amerikaanse tegnologie-onderneming ondersoek tans of sensitiewe inligting uitlek het te midde van kommer oor vertroulike Nvidia-KI-skyfieverkope aan China.
# Rugby: Japan se afrigter, Eddie Jones, sê sy jong span sal alles uithaal wanneer hulle môre op Twickenham teen Engeland te staan kom. Japan het al ses vorige toetse teen Engeland verloor, maar Jones hulle kan vir ‘n verrassing sorg na die beroemde oorwinning oor die Springbokke tydens 2015 se Wêreldbekertoernooi. Die voormalige Engelse afrigter keer terug na Twickenham vir die eerste keer sedert hy die pos in 2022 verlaat het. Engeland se afrigter, Steve Borthwick, het tien veranderings aangebring aan die span wat Australië verlede naweek 45-22 geklop het.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-94-sent teen die dollar, 18-rand-72-sent teen die euro en 22-rand-40-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 69-duisend-84-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-890-dollar-61-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 98-dollar-50-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….