Nuus 15:00
BULLETIN 12 November 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ANC se uitvoerende komitee oorweeg risiko’s te midde van koalisiegesprekke
# Suid-Afrika se sitrusuitvoere word geraak deur die oorlog en uiterste weerstoestande
# En rugby: ‘n Springbok-stut sê ‘n ontwrigte Franse span gaan steeds ‘n reuse-uitdaging wees
# Die ANC se woordvoerder, Mahlengi Bhengu, sê die party se nasionale uitvoerende komitee ondersoek die redes vir sy swak vertoning in die plaaslikeregeringsverkiesing. Bhengu het in Boksburg gesê byna alle politieke partye het die ANC reeds genader vir informele koalisiegesprekke. Sy sê die party besin nederig oor sy verkiesingsnederlaag. Bhengu voeg by kandidate moet na gemeenskappe terugkeer en die die ANC se 100-dae diensleweringsplan uitvoer:
# Die Openbare Beskermer, Kholeka Gcaleka, sê geregtigheid moet meer wees as grondwetlike regte om Suid-Afrikaners se daaglikse uitdagings die hoof te bied. Sy het gepraat tydens die Internasionale Toegang tot Geregtigheids-konferensie by Sun City in Noordwes. Gcaleka sê haar kantoor wil dienste toegankliker maak, veral vir weerlose gemeenskappe. Sy beklemtoon die uitbreiding van satelliet-kantore, SMS- en stemgebaseerde klagte-stelsels en om te verseker ouer en gestremde mense word nie uitgesluit van digitale tegnologie nie:
# Suid-Afrika het sy sitrusuitvoerberaming afwaarts aangepas, nadat die oorlog in Iran besendings na die Midde-Ooste ontwrig en swaar weer oeste beskadig het. Die Sitruskwekersvereniging verwag nou dat 197,9-miljoen kartonne van 15 kilogram hierdie seisoen uitgevoer sal word, vergeleke met die vorige 209,4-miljoen. Suid-Afrika stuur gewoonlik sowat 20-persent van sy sitrus na die Midde-Ooste, maar die konflik het skeepsroetes ontwrig en vervoerkoste laat styg. Oorstromings in die Wes- en Oos-Kaap het die probleme vererger, met skade aan sommige boorde wat produksie selfs ná hierdie seisoen kan beïnvloed.
# Die Amerikaanse gesante Steve Witkoff en Jared Kushner is in Moskou vir samesprekings met die Russiese president, Vladimir Putin, in ‘n poging om die oorlog in Oekraïne te beëindig. Dit volg na die Amerikaanse bemiddelde samesprekings gister ná twee dae geëindig het met ‘n ooreenkoms oor uitruil van gevangenes, maar sonder enige deurbraak om die oorlog te stop. Grondgebied bly die grootste struikelblok. Oekraïne het Putin se eis verwerp om die oostelike Donbas-streek oor te gee. Die gesante vergader dalk ná hul samesprekings in Moskou met Oekraïne se president, Volodimir Zelenski, in Dublin, Ierland.
# Rugby: Die Springbok-stut Ox Nché glo Frankryk sal die ontwrigting oorkom van vier van sy losskakels wat beseer is. Kaptein Antoine Dupoint verruil die nommer nege-trui vir die tien in môreaand se Nasieskampioenskaps-wedstryd teen Suid-Afrika in Parys. Maxime Lucu is sy skakelmaat. Nché sê Frankryk het talle gehalte jong spelers wat die afgelope paar jaar deur die range gevorder het:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-63-sent teen die dollar, 18-rand-44-sent teen die euro en 22-rand-7-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 73-duisend-246-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-947-dollar-68-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 94-dollar-42-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….