Nuus 15:00
BULLETIN 11 November 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Joburg Alliance waarsku teen verdere agterdeur-onderhandelings
# Vusimusi “Cat” Matlala ontken hy is gewaarsku oor ‘n polisie-klopjag
# En: Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê die einde van cholera is moontlik teen 2030
# Die Joburg Alliance het politieke partye versoek om kiesers te respekteer en inwoners eerste te stel tydens koalisiegesprekke ná die plaaslikeregeringsverkiesing. Stemgetalle het tot 52,8-persent gestyg van 42,1-persent in 2021, met 1,28-miljoen van die 2,42-miljoen geregistreerde kiesers wat gestem het. Geen party kon die 136 setels vir ‘n volstrekte meerderheid in die metro wen nie. Die DA het 91 setels gewen, die ANC 63 en ActionSA 43. Yunus Chamda van Joburg Alliance waarsku teen agterdeur-onderhandelings en die oorhandiging van mag aan kleiner sleutelpartye, en eis ‘n bestendige administrasie.
# Suid-Afrika se seisoenaal aangepaste vervaardigingsproduksie het tussen Julie en September 2026 met 0,9-persent toegeneem vergeleke met April tot Junie 2026. Nicolai Claassen van Statistiek Suid-Afrika sê dié styging het die sektor gehelp om effens te herstel ná ‘n afname van 1,6-persent. Claassen bevestig kos en drank het die grootste positiewe bydrae gelewer uit die vyf vervaardigingsafdelings. Hy waarsku egter die sektor gaan steeds steeds gebuk onder hoë produksiekoste en logistieke uitdagings:
# Die vermeende misdaadsindikaat-hoof Vusimusi “Cat” Matlala ontken dat hy ‘n wenk van die voormalige polisiesersant Fannie Nkosi ontvang het oor ‘n beplande klopjag op sy eiendom. Die Madlanga-kommissie het Matlala ondervra oor sy vriend Jerry Boshoga, wat na bewerig in Centurion ontvoer en steeds vermis is. Matlala is na bewering aangeraai om Boshoga te skuif voor die klopjag. Hy ontken die bewerings, maar kommissaris Sandile Khumalo bevraagteken die tydsberekening:
# Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê die einde van cholera as openbare gesondheidsbedreiging teen 2030 is in sig aangesien entstowwe en vinnige diagnostiese toetse uitbreek-sones vinniger bereik. Sterfgevalle het die eerste nege maande van die jaar afgeneem, maar meer as drie-duisend mense is steeds dood aan die voorkombare en behandelbare siekte – 90-persent in Afrika. Verlede jaar was die dodelikste cholera-jaar sedert 1999, met byna sewe-duisend-900 sterftes. WGO-woordvoerder Lorenzo Pezzoli sê dit moet eintlik nie meer bestaan nie:
# Rugby: Boland se afrigter, Hawies Fourie, sê dit sal ongelooflik wees as die Springbok-veterane Pieter-Steph du Toit en Damian de Allende by die unie aansluit. Onderhandelings is volgens berigte aan die gang om hulle dienste te bekom na volgende jaar se Wêreldbekertoernooi in Australië. Du Toit het onlangs sy vertrek uit Japan aangekondig en De Allende beplan om die Asiatiese land volgende jaar te verlaat. Fourie sê albei woon naby Wellington en het aangedui dat hulle die dorp hulle basis wil maak om naby hulle gesinne te wees.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-53-sent teen die dollar, 18-rand-41-sent teen die euro en 22-rand-1-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 73-duisend-940-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-54-dollar-37-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 95-dollar-27-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….