Nuus 11:00
BULLETIN 11 November 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Hlabisa vra partye om te fokus op bestendigheid terwyl die 14-dae-tydperk vir die samestelling van rade begin
# Die ANC-Jeugliga sê die party se Nasionale Uitvoerende Komitee moet aanspreeklikheid aanvaar vir die verkiesingsuitslag
# En sokker: Banyana Banyana se afrigter kies ‘n sterk groep vir die Wêreldbeker-kwalifiseerders
# Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, vra politieke partye om te fokus op bestendigheid en dienslewering tydens koalisie-onderhandelings. Die verpligte tydperk van 14-dae vir die samestelling van munisipale rade begin vandag amptelik nadat die verkiesingsuitslag in die Staatskoerant gepubliseer is. Daar is 138 onbesliste munisipaliteite in die land. Hlabisa sê onderhandelings moet gemeenskapsbelange voor politieke ambisie stel om te verseker rade word vinnig saamgestel en noodsaaklike dienslewering word nie vertraag nie.
Die ANC-Jeugliga sê intussen die party se Nasionale Uitvoerende Komitee moet gesamentlik aanspreeklikheid aanvaar vir die swak vertoning in die verkiesing. Die ANC bly landwyd die grootste party met 30,76-persent van die steun, maar dis byna 15-persent minder as in 2021. Die party het toe volstrekte meerderhede behaal in 161 munisipaliteite, maar beheer nou net 51. Die liga se president, Collen Malatji, sê Suid-Afrikaners eis leierskap wat aanspreeklikheid aanvaar:
# Die vakbondfederasie COSATU vra dringende en besliste optrede om die verslegtende werkloosheidskrisis die hoof te bied. Die jongste syfers van Statistiek Suid-Afrika toon die uitgebreide werkloosheidskoers het tussen Julie en September tot 44-persent gestyg. Matthew Parks van COSATU sê werkskepping in sektore soos finansies, vervaardiging en mynbou is nie voldoende om nuwe toetreders tot die arbeidsmark op te neem nie:
Nuus uit die buiteland:
# Die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers het ‘n ampsklag-poging teen die minister van Verdediging, Pete Hegseth, uitgestem. Die Republikeinse kongreslid Thomas Massie beskuldig hom dat hy die wet oortree het deur langer as 90 dae oorlog te voer in Iran sonder wetsgoedkeuring. Die stemming het met 211 teen 204 misluk en elf Demokrate het buite stemming gebly. Massie gaan nie nog ʼn ampsklag teen Hegseth probeer instel terwyl hy ‘n Kongreslid is nie, maar sê ʼn oplossing is nodig om president Donald Trump se oorlogsmagte in Iran te beperk.
# Sokker: Banyana Banyana se afrigter, Desiree Ellis, het ‘n sterk groep van 23 gekies vir die Wêreldbeker-kwalifiseerders in Marokko. Die middelveldspeler Sibulele Holweni, wat in Denemarke speel, is die eerste keer betrek sedert sy verlede maand na Europa verhuis het. Kaptein Refiloe Jane sal die eerste wedstryd teen Chinese Taipei misloop weens ‘n skorsing. Suid-Afrika is een van ses lande wat later die maand deelneem aan die voorlopige ronde. Ellis sê die spankeuse was moeilik:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-51-sent teen die dollar, 18-rand-42-sent teen die euro en 22-rand-2-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 73-duisend-510-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-en-59-dollar-37-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 94-dollar-73-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….