Nuus 17:00
BULLETIN 10 November 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa keur salarisverhogings vir openbare ampsdraers goed
# Vusimuzi “Cat” Matlala sê hy het die IDAC-verklaring onderteken sonder om dit te lees
# En, tennis: Die Beroepspelersvereniging vra vir ‘n speler-vriendelike seisoen na Elena Rybakina aan die WTA-eindtoernooi onttrek
# President Cyril Ramaphosa het salarisverhogings van 3,5-persent vir openbare ampsdraers vir die 2026/27-boekjaar vasgestel, ná aanbevelings deur die Onafhanklike Kommissie vir die Besoldiging van Openbare Ampsdraers. Woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die verhogings geld terugwerkend vanaf 1 April 2026. Regters, landdroste, tradisionele leiers, Khoi-San-leiers en leiers van onafhanklike grondwetlike instellings kry ‘n vier-persent verhoging. Magwenya sê ekonomiese uitdagings, fiskale bekostigbaarheid en inflasie word in ag geneem:
# Die sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala het aan die Madlanga-kommissie gesê hy het nie die Artikel 204-verklaring gelees wat die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie hom gevra het om te teken nie. Die beëdigde verklaring het deel uitgemaak van ‘n voorgestelde pleitooreenkoms met betrekking tot die 228-miljoen-rand SAPD Medicare24-tender. Matlala beweer ondersoekbeamptes het hom onder druk geplaas om te teken en hom gedreig met langdurige verhoorafwagting of getuiebeskerming. Hy beweer die dokument bevat oordrewe bewerings en stellings wat hy nooit gemaak het nie:
Intussen het die Nasionale Vervolgingsgesag bevestig Dylan Perumal, die geskorste hoofondersoeker van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie, is in die hospitaal opgeneem. Die NVG verwerp egter plasings op sosiale media en koerantberigte waarin beweer word Perumal het probeer selfdood pleeg. Perumal moes voor die Madlanga-kommissie verskyn. Die woordvoerder, Kaizer Kganyago, vra mense om nie onbevestigde berigte oor Perumal te versprei nie:
# Nieu-Seeland se eerste minister, Christopher Luxon, het met die leier van die Opportunity Party, Qiulae Wong, vergader nadat hy vroeër nie met die party wou saamwerk nie. Saterdag se verkiesing het Luxon se regerende koalisie met ‘n skrale meerderheid van net twee setels gelaat. Dit kan egter verdwyn wanneer oorsese en ander spesiale stemme bygevoeg word, wat die Opportunity Party se sewe setels uiters belangrik maak om ‘n regering te vorm. Wong sê haar party is bereid tot ‘n koalisie of minder formele steun, maar wil eers ooreenkom oor sleutel-beleidsake.
# Tennis: Die Beroepstennisspelersorganisasie het weer die stampvol beroep-skedule gekritiseer nadat die wêreld-nommer-een, Elena Rybakina, aan die WTA-eindtoernooi in Indian Wells, Amerika onttrek het. Die speler van Kazakstan sê sy is heeltemal uitgeput. Die organisasie sê Rybakina het vanjaar twee Grand Slam- en nog twee toernooie gewen, en spelers behoort nie die belangrikste toernooi van die jaar te bereik met niks meer oor in die tenk nie. Hy vra organiseerders om ‘n seisoen te beplan wat spelers gesond genoeg laat om dit te voltooi.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-40-sent teen die dollar, 18-rand-39-sent teen die euro en 22-rand-2-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 74-duisend-207-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-78-dollar-40-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 92-dollar-62-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….