Oggendkoerant-verslag
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 10 November 2026:
NASIONAAL:
# Business Day:
Berig oor Cat Matlala se verskyning voor die Madlanga-kommissie. Hy het getuig dat hy 500-duisend-rand aan die voormalige adjunkkommisaris Shadrack Sibiya betaal het nadat hy sy familie gedreig het. Hy het ontken dit was omkoopgeld. Matlala het ook beweer die voormalige adjunkminister Bernice Swarts het 80-duisend-rand van hom ontvang.
# En die Netwerk24-webblad:
Berig terwyl die MK-party in KwaZulu-Natal weier om te erken dat hy steun in die provinsie verloor het, dui die syfers egter ‘n insinking van 10,19-persentasiepunte die afgelope twee jaar.
En tweedens skryf die webblad die 84-jarige verkragter van Petrusburg, Barend Hendrik van der Berg, is in die Grootvlei-gevangenis aan ‘n hartaanval oorlede.
GAUTENG:
# The Star:
Skryf Wouter Wessels, parlementslid van die Vryheidsfront Plus, steun die aanstelling van KwaZulu-Natal se polisiekommissaris, luitenant-generaal Nhlanhla Mkhwanazi, as hoof van die Valke. Hy sê Mkhwanazi het getoon hy is bereid om hom uit te spreek teen wangedrag in die polisiediens.
# Sowetan:
Berig die leier van ActionSA, Herman Mashaba, het volgens die koerant twee voorwaardes aan die DA gestel. In Johannesburg wil die party hê die DA-burgemeesterskandidaat, Helen Zille, moet verwyder word en in Tshwane moet Nasiphi Moya as burgemeester aangestel word.
# En The Citizen:
Skryf die ANC is na die verkiesing in ‘n hoek. Die uitdaging is om te verander of ‘n party te word wat polities onbelangrik is.
WES-KAAP:
# Die Burger:
Berig ActionSA het dit duidelik gestel dat hy in Johannesburg eerder saam met die MK-party sal werk as saam met Helen Zille van die DA.
Tweedens skryf die koerant daar bestaan talle vrae oor die dood van die 26-jarige Lynze Jansen wie se liggaam aan ‘n boom by die Ashbury-begraafplaas in Montagu gevind is.
OOS-KAAP:
# The Herald in Gqeberha:
Berig ‘n transitorooftog in Gqeberha het in ‘n skietgeveg met die polisie ontaard. Vyf vermeende rowers is tydens die optrede doodgeskiet.
En tweedens is daar nuus oor senior burgers wat gekonfronteer is met kragrekenings van duisende rand.
KWAZULU-NATAL:
# The Witness in Pietermaritzburg:
Skryf die watertoevoer na Pietermaritzburg se sakekern is afgesny nadat ‘n maatskappy wat ‘n brug oor Ou Edenvaleweg sloop nie vooraf reëlings met die Msunduzi-waterdepartement getref het nie.
En tweedens berig die koerant die sogenaamde Hilton Abuser wat 79 aanklagte van vroue in die gesig staar, is vasgetrek.
En ten slotte uit NAMIBIË:
# Republikein in Windhoek:
Berig ’n onafhanklike tegniese oorsig deur die Internasionale Atoomenergie-agentskap is bekommerd oor moontlike grondwaterbesoedeling by die voorgestelde Wings-uraanmynbouprojek in die Omahekestreek.
En tweedens skryf die koerant die Namibiese regering het onder eed erken die klasregister van die K.W. von Marees Gekombineerde Skool in Okahandja van die dag waarop die vyfjarige Ingrid Maasdorp verdwyn het, het weggeraak.