Nuus 13:00
BULLETIN 9 November 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Thuli Madonsela sê die Grondwet waarborg nie werk aan jongmense nie
# Die UDM verwelkom dat Basiese Onderwys geletterheid en syfervaardigheid in vroeë grade wil bevorder
# En: Pous Leo sê Argentinië se ekonomiese aansporings moet nie armes teiken nie
# Die akademikus Thuli Madonsela sê Suid-Afrika se Grondwet waarborg nie werk aan jongmense nie, maar beloof geregtigheid in ‘n regverdige ekonomiese stelsel. Sy het aan Daily Maverick gesê die regering behoort ‘n omgewing te skep waar almal kan deelneem aan rykdom- en werkskepping. Madonsela sê jongmense moet aangemoedig word om entrepreneurs te word om sodoende probleme in hul gemeenskappe op te los. Sy vra ook hervorming in universiteite om gegradueerdes toe te rus met selfindiensnemings-planne, eerder as om bloot op staatsposte staat te maak.
Die Forum for South Africa vra intussen dringende wysigings aan Suid-Afrika se verkiesingswetgewing om die onafhanklikheid, deursigtigheid, aanspreeklikheid en geloofwaardigheid van die verkiesingsprosesse te versterk. Hy het kommer uitgespreek oor beweerde onreëlmatighede in die Madibeng-munisipaliteit in Noordwes tydens verlede week se munisipale verkiesing. FORUM4SA se leier, Tebogo Mashilompane, sê daar is vrae oor die regverdigheid, onpartydigheid en geloofwaardigheid van die verkiesingsproses:
# Die UDM verwelkom die nuwe toetsfase van die Basiese Onderwys-indiensnemingsveldtog wat meer as 20-duisend werksgeleenthede sal skep. Dit behels die aanstelling van werklose jongmense as hulp-onderwysers en verskaf bykomende ondersteuning om geletterdheid en syfervaardigheid in vroeë grade te verbeter. Die proeflopie vir die grondslagfase word van Januarie tot Maart volgende jaar in sekere staatskole in al nege provinsies ingestel. Yongama Zigebe van die UDM sê die program se sukses sal afhang van doeltreffende inwerkingstelling:
Nuus uit die buiteland:
# Pous Leo het Argentinië se president, Javiere Milei, en politieke leiers gevra om die demokrasie te beveilig en sê die versterking van die demokrasie vereis bereidheid om te luister en die versigtige gebruik van woorde. Hy het in Buenos Aires gepraat tydens sy tweede besoekpunt op ‘n toer van 12 dae aan Latyns-Amerika. Milei is ‘n noue bondgenoot van die Amerikaanse president, Donald Trump, en die Katolieke Kerk sê sy besparingsmaatreëls tref veral armes. Leo beklemtoon die ekonomie moet die mense dien, en veral armes.
# Tennis: Die wêreld-nommer-een, Elena Rybakina van Kazakstan, het mediese redes voorgehou vir haar besluit om aan die WTA-eindtoernooi in Indian Wells, Amerika, te onttrek. Sy sê sy het ‘n ongelooflike seisoen gehad, maar haar liggaam is nie gereed vir die toernooi waaraan die wêreld se agt beste enkelspelers en dubbels-pare deelneem nie. Die wêreld-nommer-tien, Marta Kostyuk van Oekraïne, wat Rybakina vervang het, het haar eerste wedstryd in die rondomtalie-toernooi teen die Tsjeg Linda Noskova verloor. Coco Gauff het haar Amerikaanse landgenoot Jessica Pegula verslaan.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-48-sent teen die dollar, 18-rand-44-sent teen die euro en 22-rand-10-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 74-duisend-166-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-96-dollar-92-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 99-dollar-80-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….