Nuus 11:00
BULLETIN 9 November 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Hlabisa sê munisipale rade moet nou binne 14-dae saamgestel word
# ActionSA hou koalisie-samesprekings met die ANC, maar sal nie toegee oor Tswane se burgemeesterskap nie
# En krieket: ‘n Sukkelende Labuschagne word uitgelaat vir Australië se toetsreeks teen Nieu-Seeland
# Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, sê die uitslag van die munisipale verkiesing word Woensdag in die Staatskoerant afgekondig. Die Verkiesingskommissie het die verkiesing vry en regverdig verklaar. Die ANC het landwyd die meeste stemme gekry, gevolg deur die DA en die MK-party. Johannesburg, Tshwane en Ekurhuleni is onder die 137 munisipaliteite sonder ‘n volstrekte meerderheid. Hlabisa sê munisipale rade moet nou binne die voorgeskrewe 14 dae saamgestel word:
ActionSA het intussen koalisie-onderhandelinge met die ANC as opbouend beskryf. Die party het landwyd 5,67-persent van die stemme in die verkiesing gekry en is gereed om ‘n rol in koalisie-onderhandelinge te speel. Partyleier Herman Mashaba sê hulle sal saam met die DA werk, maar nie saam met Helen Zille en Cilliers Brink nie. Hy sê ActionSA gaan nie toegee oor Nasiphi Moya as Tshwane se burgemeester nie:
# Die UDM het die Oos-Kaapse taakspan vir politieke moorde gevra om die moord op een van sy raadslede in die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit, Luxolo Namette, te ondersoek. Die 44-jarige is Saterdagmiddag by ’n haarsalon in Motherwell, Gqeberha, doodgeskiet. Die UDM se hoofsekretaris, Bulelani Bobotyane, sê dis uiters kommerwekkend dat die moord moontlik polities gemotiveer was.
Nuus uit die buiteland:
# Die Amerikaanse president, Donald Trump, erken swak kommunikasie oor ekonomiese kwessies en sy streng immigrasie-beleid het ‘n invloed gehad op sy Republikeinse Party se nederlaag in die mediumtermyn-verkiesing. Die party het beheer van die Huis van Verteenwoordigers en die Senaat aan die Demokrate afgestaan. Trump het tydens sy eerste onderhoud na die verkiesing aan “60 Minutes” van CBS gesê die hoofrede vir die nederlaag is omdat hy nie op die stembrief was nie:
# Krieket: Die Suid-Afrikaans-gebore Australiese kolwer Marnus Labuschagne is uitgelaat vir die reeks van vier toetse teen Nieu-Seeland. Die 32-jarige sukkel tans en kon net ‘n gemiddeld van 23.66 lopies aanteken in tien toetse sedert sy teruggekeer na verlede seisoen se reeks om die As. Hy kon in 19 kolfbeurte net twee vyftigtalle behaal en het in 2023 teen Engeland laas honderd gekry. Labuschagne kon in die eerste twee toetse teen Suid-Afrika nie by 40 uitkom nie en is in die laaste toets uitgehaal vir ‘n nulletjie en vier.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-48-sent teen die dollar, 18-rand-40-sent teen die euro en 22-rand-7-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 74-duisend-205-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-109-dollar-81-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 99-dollar-76-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….