Nuus 13:00
BULLETIN 8 November 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die MK-party stel ‘n nasionale raamwerk saam om koalisie-onderhandelinge te lei
# Die IVP is tevrede met die verkiesingsuitslae en gereed vir koalisiegesprekke
# En laastens: die Duitsers weet nie wat om met Hitler se toevlugsoord, die “Arendsnes”, te doen nie
# Die MK-party het ‘n gesentraliseerde nasionale raamwerk saamgestel om sy koalisie-onderhandelinge ná die verkiesing van 2026 te lei, na hy 10-persent van die stemme verwerf het. Tydens ‘n mediavoorligting by die uitslagsentrum in KwaZulu-Natal, in Durban, het die party se sekretaris-generaal, Dali Mpofu, gesê koalisies is belangrike instrumente om die mandaat van die mense uit te voer en plaaslike regering te transformeer. Volgens Mpofu moet enige ooreenkoms gelei word deur die party se politieke program en strategiese belange:
Die IVP-leier Velenkosini Hlabisa sê die party is tevrede met sy prestasie in die plaaslikeregeringsverkiesing en is gereed om met koalisie-onderhandelinge te begin. Hlabisa het die media by die Verkiesingskommissie se Uitslagsentrum in Midrand, Johannesburg, toegespreek en gesê die IVP is bereid om met ander politieke partye in gesprek te tree oor die vorming van koalisie-regerings in munisipaliteite waar hy ‘n leidende rol sal speel. Hy sê die party is ook gereed om prosesse te begin vir die aanstelling van leierskap in munisipaliteite wat hy beheer:
En die UDM-leier Bantu Holomisa sê verkiesingsgeskille wat by die Verkiesingskommissie ingedien is, is nie daarop gemik om die verkiesingsproses te ondermyn nie, maar wel om die integriteit daarvan te beskerm. Hy sê elke stem verteenwoordig die demokratiese keuse van ‘n burger en moet akkuraat aangeteken word. Hy doen ‘n beroep op die OVK om alle grondige bekommernisse dringend aan te spreek voordat die verkiesingsuitslae gefinaliseer word. Holomisa sê die verkiesingsuitslag plaas ‘n verantwoordelikheid op die leierskap om die organisasie landwyd te versterk:
# Die Oos-Kaapse polisie is op soek na verdagtes na die moord op ‘n raadslid van die UDM, Luxolo Namette, in Motherwell, Gqeberha. Polisiewoordvoerder, Nobuntu Gantana, sê die polisie het inligting ontvang oor die liggaam van ‘n 45-jarige man wat gistermiddag in Umnulustraat gevind is. Die slagoffer het ‘n skietwond aan die kop gehad. Sy sê die polisie het met ‘n ondersoek begin en vra enigiemand met inligting wat kan help om die verdagtes op te spoor om na vore te kom.
# Sokker: Die verdedigende kampioene, Orlando Pirates, het deurgedring na die halfeindronde van die Carling-uitdaagreeks. ’n Skitterende doel deur Mpho Padime in die eerste helfte het ’n taai 1-0-oorwinning oor Sekhukhune United verseker in ’n kwarteindrondte wat in reën by die Orlando-stadion plaasgevind het. Die Buccaneers sluit aan by Mamelodi Sundowns, wat vroeër die week hul plek bespreek het. Die aksie duur vanaand voort. Kaizer Chiefs kom in Polokwane teen Siwelele FC te staan, terwyl Stellenbosch FC teen AmaZulu kragte meet vir die oorblywende plekke in die halfeindrondte.
# En om af te sluit: Adolf Hitler se toevlugsoord in die Beierse Alpe, wat in 1938 deur die Nazi’s gebou is, is verlede maand in ‘n voorval van beweerde brandstigting verwoes. Sommige meen nou dat dit gesloop moet word, die terrein aan die natuur teruggegee moet word, en alle herinneringe aan sy Nazi-verlede uitgewis moet word. Ander wil dit egter gedeeltelik of volledig laat herbou; hulle is egter bekommerd dat dit ‘n helde-oord vir neo-Nazi’s kan word – veral in ‘n tyd waarin Duitsland ‘n herlewing van die uiterste regses beleef. Tans is dit ‘n gewilde toeristebestemming.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….