Nuus 08:00
BULLETIN 8 Oktober 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die OVK sal vandag die uitslae van die 2026-plaaslikeregeringsverkiesing aankondig
# Die regering gaan riglyne vir koalisies instel
# En rugby: Die Springbokke klop Italië oortuigend in hul Nasiekampioenskap-wedstryd
# Die voorsitter van die Verkiesingskommissie, Mosotho Moepya, sê die Kommissie beplan om die finale uitslae van die 2026-plaaslikeregeringsverkiesing vanaand om sesuur aan te kondig. Tydens ‘n toespraak in Midrand, Johannesburg, het Moepya die OVK se verbintenis herbevestig om ‘n deursigtige, geloofwaardige en regverdige verkiesingsproses te verseker. Hy sê die aankondiging sal die proses rondom die verkiesingsuitslae tot ‘n einde bring. Hy sê die toewysing van setels aan die partye word streng deur die Wet op Munisipale Verkiesings gereguleer:
Die Verkiesingskommissie het intussen 197 besware ontvang ná die verwerking van die uitslae vir die plaaslikeregeringsverkiesing. Die voorsitter van die kommissie, Mosotho Moepya, sê van die 197 besware wat ontvang is, 54 van die hand gewys is en agt teruggetrek, terwyl twee gehandhaaf is. In ‘n mediaverklkaring in Midrand, Johannesburg, sê Moepya hertellings in vyf wyke is gelas: Twee in Tshwane, twee in die Vrystaat en een in die Wes-Kaap:
En die regering berei nuwe riglyne voor om koalisie-onderhandelinge en -reëlings te lei. Die riglyne is daarop gemik om politieke bestendigheid te bevorder en te verseker dat meningsverskille tussen koalisievennote nie dienslewering in munisipaliteite ontwrig nie. Die adjunkwoordvoerder van die regering, William Baloyi, sê die riglyne, wat deur die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake vrygestel sal word, sal ‘n duidelike raamwerk vir koalisie-onderhandelinge bied. Baloyi sê die raamwerk is ook bedoel om onbestendigheid en politieke wrywing aan te spreek wat dienslewering in sommige munisipaliteite beïnvloed het.
# Pikitup sê hy sal vandag voortgaan met die uitvoering van sy herstelplan vir afvalverwydering in vier depotgebiede, terwyl pogings voortduur om agterstande met afvalverwydering uit die weg te ruim. Die herstelplan is verlede naweek ingestel ná ‘n staking van vier dae deur SAMWU. Pikitup-woordvoerder Anthony Selepe sê die vier depots wat met herstelwerksaamhede voortgaan, is Waterval, Randburg, Roodepoort en Marlboro:
# Die Amerikaanse president Donald Trump het sy jarelange adviseur, Stephen Miller, as nuwe Withuis-stafhoof aangestel, na die Republikeinse Party se nederlaag in die middeltermynverkiesing. Miller was die dryfkrag agter Trump se streng immigrasiebeleid en sy veldtog vir grootskaalse deportasies. Die 41-jarige is tans adjunkstafhoof en sal Maandag sy nuwe amp aanvaar. Hy vervang Susie Wiles, die eerste vrou wat die pos beklee het. Sy sluit by Trump se politieke operasie aan. Die aanstelling dui daarop dat Trump van voorneme is om met sy bestaande beleid voort te gaan, ten spyte van die verkiesingsnederlaag.
# En rugby: Die Springbokke het Italië met 66-7 verpletter in hul Nasieskampioenskap-wedstryd in Turyn, en sodoende hul onoorwonne rekord in die kompetisie voortgesit. Suid-Afrika het teen rustyd met 45-0 voorgeloop nadat hulle ses drieë gedruk het, waarvan Malcolm Marx twee aangeteken het. Die Bokke het ná die rustyd nog drie drieë bygevoeg, terwyl Sacha Feinberg-Mngomezulu 26 punte bygedra het. Italië het slegs een drie gedruk. Die Springbokke kom Vrydag in Parys teen Frankryk te staan, met afskop om 10:10 nm Suid-Afrikaanse tyd.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….