Nuus 12:00
BULLETIN 6 November 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ANC gaan waarskynlik nie ‘n meerderheid behaal in enige van die agt metro’s nie
# Die DA vier ‘n groter meerderheid in die uMngeni-munisipaliteit onder Chris Pappas
# En NERSA registreer 144 hernubare energie-opwekkingsaanlegte
# Die verwerking van verkiesingsuitslae vorder goed en 72-persent van die stemme is nou nasionaal getel. Die ANC loop landwyd voor met 31,92-persent, maar stuur af op ‘n gevoelige nederlaag, want daar word verwag dat hy nie ‘n meerderheid in enige van die agt metro’s sal behaal nie. Die DA sal na verwagting in minstens vyf die meeste stemme kry. Die ANC het steun verloor in Gauteng, waar die DA met 34,44-persent voorloop, terwyl ActionSA tweede is in Tshwane. Kaapstad is die enigste metro wat die DA alleen sal regeer.
Die DA het intussen die uMngeni plaaslike munisipaliteit in KwaZulu-Natal met net meer as 60-persent steun behou. Die party sal ook die mag agter die troon wees in belangrike munisipaliteite soos eNdumeni. Die MK-party loop tans voor in die provinsie, gevolg deur die IVP en die ANC. Chris Pappas sal voortgaan as burgemeester van uMngeni. Die DA se provinsiale voorsitter, Dean Macpherson, sê hulle sal kan voortgaan met die instelling van planne om dienslewering te verbeter:
# Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika het tydens die tweede kwartaal van die 2026/27-boekjaar 144 aanlegte geregistreer vir die opwekking van hernubare energie. Die son- en windkragaanlegte het ‘n gesamentlike totale vermoë van drie-duisend-129 megawatt, met ‘n geraamde beleggingswaarde van 78,16-miljard-rand. NERSA se woordvoerder, Charles Hlebela, sê die aansoeke is binne gemiddeld nege werksdae verwerk, met Gauteng, die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal wat die voortou neem wat die aantal registrasies van nuwe aanlegte betref.
Nuus uit die buiteland:
# Die Amerikaanse president, Donald Trump, is vasbeslote om die minister van Verdediging, Pete Hegseth, in sy kabinet te behou. Dit volg op berigte dat Hegseth en die minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, moontlik hul posisies gaan verlaat nadat die Republikeinse Party Dinsdag se middeltermynverkiesing verloor het. Trump en vise-president JD Vance skryf die nederlaag toe aan die oorlog met Iran. Trump het in die Withuis ‘n paar van Hegseth se belangrikste prestasies uitgelig:
# Rugby: Die Springbok-slot Ruan Nortjé steun Salmaan Moerat ten volle voor môre se Nasieskampioenskapswedstryd teen Italië in Turyn. Die twee voormalige Junior Springbokke hervat ’n vennootskap wat reeds in 2017 begin het. Die 28-jarige Moerat, wat nog nie vanjaar vir die Bokke gespeel het nie, het onder kritiek deurgeloop en sommige het sy insluiting in die groep bevraagteken. Nortjé sien daarna uit om Italië saam met Moerat te pak:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-48-sent teen die dollar, 18-rand-44-sent teen die euro en 22-rand-9-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 75-duisend-605-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-en-69-dollar-13-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 100-dollar-87-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….