Nuus 12:00
BULLETIN 5 November 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Navorsingsinstituut verwag die kiesersopkoms sal 2021 se vlakke oortref
# Die Amerikaanse Demokrate fokus op die lewenskoste ná hul oorname van die Kongres en die Huis
# En rugby: Die Springbok-haker Malcolm Marx sluit ‘n kotrak met die Bulle
# Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing sê die kiesersopkoms in gister se munisipale verkiesing is op dreef om 2021 se vlakke te oortref, met ontleding wat aandui meer kiesers het aan die verkiesing deelneem. Amptelike verkiesingsyfers toon die kiesersopkoms in 2021 se munisipale verkiesing was sowat 46-persent. Die organisasie se woordvoerder, Sithembile Mbete, het aan SABC News gesê die volledige syfers sal wys of meer mense hierdie keer gestem het:
Die polisie in Mpumalanga ondersoek intussen die dood van ‘n man wat gisteraand voor ‘n stempunt in Bosbokrand geskiet is. Woordvoerder Donald Mdhluli sê hy is met skietwonde aangetref en op die toneel dood verklaar. Niemand is nog aangekeer nie. Die polisie veroordeel die voorval en sê daar is geen plek vir geweld in ‘n demokrasie nie. Mdhluli sê die ondersoek duur voort en enigiemand met inligting word versoek om hul naaste polisiekantoor te kontak:
Verkiesingsnuus uit die buiteland:
# Die Demokratiese leier in die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers, Hakeem Jeffries, sê die party sal sy volle aandag op lewenskoste en aanspreeklikheid toespits en nie op president Donald Trump se vervolging nie. Die Demokrate het beheer van die Senaat en die Huis oorgeneem in Dinsdag se middeltermynverkiesing. Associated Press se meningspeilings toon lewenskoste en regerings-korrupsie was kiesers se twee belangrikste oorwegings. Jeffries sê die lewe is tans net te duur vir Amerikaners:
# Rugby: Die Springbok-haker Malcolm Marx is op pad na Pretoria. Die Bulle het bevestig hulle het die huidige wêreldspeler van die jaar gekontrakteer. Marx het verlede week aangekondig dat hy Japan middel volgende jaar gaan verlaat. Die 32-jarige sal herenig word met afrigter Johan Ackermann, wat vroeër sy mentor was by die Leeus. Hy het in 94 toetse vir Suid-Afrika 29 drieë gedruk – die meeste deur enige Bok-voorspeler. Ackermann sê dis ’n groot eer dat ’n speler van Marx se gehalte hom tot die Bulle verbind het.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-34-sent teen die dollar, 18-rand-37-sent teen die euro en 22-rand-3-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 80-duisend-540-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-123-dollar-77-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 98-dollar-22-sent per vat.
# En ten slotte: Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap het streeksprogramme vir die bewaring van plantgenetiese hulpbronne verskerp, met ongeveer 82-duisend bronne wat nou beveilig is. Dit maak deel uit van pogings om voedselsekerheid te versterk, landbou-bioverskeidenheid te bewaar en veerkragtigheid teen klimaatsverandering te verbeter. Die SAOG se direkteur vir Voedsel, Landbou en Natuurlike Hulpbronne, Fahari Marwa, sê vernuwende beleide, sterker vennootskappe en verhoogde belegging is nodig om bewaring, vermoënsbou en die volhoubare benutting van plantgenetiese hulpbronne te ondersteun.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….