Nuus 18:00
BULLETIN 4 November 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ANC belowe ‘n versnelling van dienslewering en strenger optrede teen korrupsie
# Die voormalige president Kgalema Motlanthe beskryf die VSA as ’n kwynende wêreldmoondheid
# En rugby, die Springbok-skrumskakel Morné van den Berg verwelkom die mededinging in die kamp
# Die ANC het onderneem om dienslewering te versnel en pogings om korrupsie te bekamp te versterk na die plaaslike regeringsverkiesing, en beklemtoon etiese leierskap en verantwoordbare bestuur is steeds sleutelprioriteite. Die party het ook na die Madlanga-kommissie verwys as ‘n belangrike stap om korrupsie in die regering, die privaat sektor en politieke strukture uit te roei. Die ANC se woordvoerder, Mahlengi Bhengu, sê die party wil munisipaliteite hê wat gelei word deur etiese mense wat verbind is om in die behoeftes van gemeenskappe te voorsien:
# Die voormalige president Kgalema Motlanthe het die VSA beskryf as ‘n wêreldmoondheid wat onder onvoorspelbare leierskap kwyn. Motlanthe het na hy by die Killarney Country Club gestem het, kommentaar gelewer op Washington se uitsluiting van Suid-Afrika van die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika. Hy het gesê die VSA het die reg om te besluit watter lande toegang tot sy markte kry, sonder om noodwendig grondige redes daarvoor te verskaf. Motlanthe sê president Donald Trump weerspieël die verval van die Amerikaanse imperiale mag:
# Die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging het die aanstelling van ses nuwe lede by die Mededingingstribunaal vir termyne van vyf jaar verwelkom. Die aanstellings sluit drie voltydse en drie deeltydse lede in, wat beskik oor regs-, ekonomiese en regulatoriese kundigheid meebring. Minister Parks Tau sê die aanstellings sal die tribunaal se vermoë versterk om mededingingsverwante sake doeltreffend te hanteer. Hy sê die stap sal ook billike en inklusiewe markte bevorder, groter sekerheid aan ondernemings bied en verbruikersbelange beskerm.
# Amerika en Iran kon ondanks hernude diplomatieke pogings nie ‘n ooreenkoms bereik om die oorlog van agt maande te beëindig nie. ‘n Senior Iranse amptenaar sê Teheran se voorwaardes moet eers nagekom word voor die Seestraat van Hormoes heropen en kerngesprekke hervat. Dit sluit in, die opheffing van oliesanksies, die beëindiging van die Amerikaanse vlootblokkade en die vrystelling van Iranse fondse wat gevries is. Katar verskerp sy bemiddelingspogings terwyl albei lande voorstelle oorweeg. Die Amerikaanse president, Donald Trump, wou hom intussen nie uitlaat oor die moontlikheid van militêre optrede ná die middeltermynverkiesing nie.
# Rugby: Die Springbok-skrumskakel Morné van den Berg is dankbaar vir die vertroue wat in hom gestel word, ondanks mededinging van spelers soos Cobus Reinach en Grant Williams. Die 29-jarige, wat ses drieë in slegs tien toetse gedruk het, sal Sacha Feinberg-Mngomezulu se skakelmaat wees in Saterdag se Nasieskampioenskaps-kragmeting met Italië in Turyn. Van den Berg sê die druk om ‘n plek te verdien en die wyse waarop die stelsel gestruktureer is, maak ‘n speler beter:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-44-sent teen die dollar, 18-rand-52-sent teen die euro en 22-rand-18-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 78-duisend-240-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-46-dollar-35-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 104-dollar-41-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….