Nuus 12:00
BULLETIN 4 November 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Verkiesingskommissie waarsku teen waninligting oor die verkiesing
# ‘n Man van Phalaborwa is in hegtenis geneem oor ‘n foto van sy stembrief
# En Trump is verbaas omdat die Republikeine beheer van die Kongres verloor het
# Die voorsitter van die Verkiesingskommissie, Mosotho Moepya, waarsku teen die verspreiding van waninligting rakende die munisipale verkiesing. Hy vra burgers en joernaliste om verantwoordelik verslag te doen en te verseker inligting oor die verkiesingsproses is korrek. Moepya sê geen haakplekke is aangemeld sedert stempunte vanoggend geopen het nie en die stemproses verloop tot dusver sonder enige aangemelde tegniese ontwrigtings:
‘n Twee-en-dertigjarige man is vanoggend by ‘n stempunt in Lulekani in Limpopo in hegtenis geneem toe hy ‘n foto van sy voltooide stembrief geneem het. Dis ‘n oortreding van die Kieswet. Polisiewoordvoerder Hlulani Mabasa sê hy sal vandag in die hof verskyn. Die polisie is ook op soek na ‘n tweede verdagte wat ‘n soortgelyke foto op sosiale media geplaas het nadat die oortreding onder sy aandag gebring is. Mabasa sê ander verkiesingsverwante voorvalle is in Mpumalanga, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap aangemeld.
Verkiesingsnuus uit die buiteland:
# Die Amerikaanse president, Donald Trump, sê hy is ‘n bietjie verbaas oor die uitslag van die middeltermynverkiesing. Sy Republikeinse Party het beheer verloor van die Senaat én die Huis van Verteenwoordigers. Die Demokrate het ses senaat-setels by Republikeine afgeneem in Texas, Ohio, Kansas, Iowa, Noord-Carolina en Suid-Carolina. Trump het aan Fox News gesê hy is bereid om wetgewing wat deur die Demokraties-beheerde Kongres voorgestel word, te verwerp tot albei kante gemeenskaplike grond vind:
# Motorsport: Die Formule Een-span Haas het bevestig dat Esteban Ocon nie weer hierdie seisoen vir die span sal deelneem nie, maar geen rede verskaf nie. Die Fransman is vervang na Vrydag se oefening voor verlede naweek se Grand Prix in Mexiko-stad, vermoedelik ná ʼn onderonsie met die span-hoof, Ayao Komatsu. Die Ferrari-junior en voorloper op die Formule Twee-punteleer, Rafael Camara – wat vir volgende jaar by Haas geteken het – sal Ocon die naweek in sy tuis-wedren op die Sao Paulo Grand Prix vervang. Sy spanmaat is die Britse renjaer, Ollie Bearman.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-49-sent teen die dollar, 18-rand-53-sent teen die euro en 22-rand-23-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 78-duisend-232-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-en-30-dollar-31-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 107-dollar-52-sent per vat.
# En ten slotte: Die wêreld se eerste verbod op sosiale media-rekeninge vir kinders onder 16 staan voor sy eerste groot regsuitdaging in Australië se Hooggeregshof. Reddit en die Digital Freedom Project voer aan dit wet beperk jongmense se reg om aan politieke debat deel te neem en is ongrondwetlik. Die regering sê die beperkings is geregverdig om kinders teen aanlyn skade te beskerm. Byna vyf-miljoen rekeninge op tien platforms is versper sedert die verbod in Desember verlede jaar in werking getree het.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….