Nuus 16:00
BULLETIN 3 November 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
# ‘n Nuwe taakspan gaan aangestel word om Transnet se spoor-herstrukturering te bespoedig
# Brandstof is goedkoper vanaf middernag ná ‘n verligtingspakket van tien-miljard-rand
# En die Gautengse polisie stel veiligheid eerste by 119 hoë-risiko stempunte
# Die regering gaan voor die einde van die jaar ’n tegniese taakspan saamstel wat die afstigting van Transnet se Spoorinfrastruktuur-bestuurder moet finaliseer. Die jongste Operasie Vulindlela-verslag toon dat die proses agter skedule is, wat gelei het tot strenger toesig deur die Presidensie, die Nasionale Tesourie en die Departement van Vervoer. Die herstrukturering het ten doel om ’n meer onafhanklike spoorinfrastruktuur-bestuurder te skep, belegging te lok en privaat treinoperateurs billiker toegang tot die netwerk te bied. Elf privaat operateurs het reeds ooreenkomste vir toegang tot die spoornetwerk verkry.
# Die Departement van Minerale- en Petroleumhulpbronne het brandstofprysaanpassings aangekondig wat middernag in werking tree. Petrolpryse vir grade 93 en 95 sal met een-sent per liter daal, terwyl dieselpryse met tussen een-rand-tien- en een-rand-twintig-sent daal. Die aanpassings volg op die Nasionale Tesourie se verligtingspakket van tien-miljard-rand wat die brandstofheffing sny met een-rand-50-sent vir petrol en drie-rand vir diesel. Die prys van lampolie styg egter met twee-rand-75-sent per liter.
# Die Gautengse polisiekommissaris, Tommy Mthombeni, het bevestig dat 119 stemlokale in die provinsie as hoërisiko geïdentifiseer is voor môre se verkiesing. Hy het het in Mayfair gesê 371 van die provinsie se twee-duisend-836 stemlokale, is as mediumrisiko geklassifiseer, terwyl twee-duisend-336 as laerisiko beskou word. Mthombeni sê die ontplooiing van veiligheidsmagte word bepaal deur ‘n evaluering te doen van die waarskynlikheid van betogings, politieke spanning en onrus wat met dienslewering verband hou:
# Die Departement van Water en Sanitasie vra watergebruikers, veral in Gauteng, om hul verbruik te verminder te midde van ‘n toenemende vraag en die verwagte El Niño-toestande tydens die somerseisoen. El Niño lei tot veranderings in streeksweerpatrone, verhoog die risiko van droogte en laat somertemperature styg. Die departement se woordvoerder, Wisane Mavasa, sê Gauteng se gemiddelde daaglikse waterverbruik is ongeveer 250 liter per persoon, aansienlik hoër as die internasionale gemiddeld van 173 liter:
# Tennis: Die Italianer Flavio Cobolli se kanse om die eerste keer die ATP-jaareindtoernooi te haal, het ‘n knou gekry toe hy weens ‘n besering moet onttrek aan die Paryse Meesterstoernooi. Hy is tans goed geplaas om die vyfde plek te beklink nadat die Duitser Alexander Zverev, die Spanjaard Carlos Alcaraz, die Amerikaner Ben Shelton en die Rus Medvedev reeds gekwalifiseer het. Die Fransman Arthur Fils, die Amerikaner Frances Tiafoe en die Spanjaard Rafael Jodar kan ook nog kwalifiseer vir die toernooi, wat volgende Sondag in Turyn, Italië, begin.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-64-sent teen die dollar, 18-rand-60-sent teen die euro en 22-rand-32-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 77-duisend-305-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-911-dollar-70-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 109-dollar-26-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….