Nuus 13:00
BULLETIN 3 November 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die regering waarsku teen verandering aan die nasionale vlag
# Krieket: Glenn Maxwell beëindig sy internasionale loopbaan
# En Suid-Afrika verbied ‘n rolprent weens die ontkenning van die Joodse Volksmoord
# Die regering vra die publiek en organisasies om nie die voorgeskrewe ontwerp van die nasionale vlag te verander of te verdraai nie. Dit volg op berigte oor verlede week se betoging buite die Parlement wat deur die Christians United for Africa en die Suid-Afrikaanse Vriende van Israel gereël is en waar die vlag gewysig is. Die regering se adjunk-woordvoerder, William Baloyi, sê die nasionale vlag is nie ‘n embleem of ʼn ontwerp wat verander kan word nie:
# Die landbou-organisasie SAAI is teleurgesteld oor Amerika se besluit om Suid-Afrika uit te sluit van die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika. Voorsitter Theo de Jager sê baie boere skryf die besluit toe aan die ANC se versuim om “Kill the Boer” te veroordeel, volgehoue steun vir onteiening sonder vergoeding, die toepassing van ekonomiese bemagtiging-vereistes op Amerikaanse beleggers en noue bande met Iran. Hy raam 62-duisend werksgeleenthede is in die gedrang:
Nog landbounuus:
# Die uitbreking van bek-en-klouseer in Namibië plaas toenemende finansiële druk op die beesvleisbedryf en hou ‘n bedreiging in vir inkomste, werksgeleenthede en uitvoermarkte. Savanna Beef se uitvoerende hoof, Ian Collard, sê indien beperkings op die vervoer van vee en die verwerking van vleis voortduur, kan dit ernstige gevolge vir boere, vleisverwerkers en die breër ekonomie inhou. Hy sê dringende ingryping word benodig om die uitbreking te beperk en verdere verliese te voorkom:
# Krieket: Die veelsydige Australiese speler, Glenn Maxwell, het besluit om sy internasionale loopbaan van 14 jaar af te sluit. Die 38-jarige het Australië verteenwoordig in 149 eendagwedstryde, 130 T20’s en sewe toetse. Hy was in 2015 en 2023 in die Wêreldbeker-wenspan en in 2021 in die T20-Wêreldbeker-wenspan. Maxwell het tien internasionale honderdtalle en 136 internasionale paaltjies op sy kerfstok. Hy het ook sy uittrede uit sy eersteklas-loopbaan by Victoria aangekondig, maar sal aanbly by Melbourne Renegades in die Big Bash-liga.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-64-sent teen die dollar, 18-rand-63-sent teen die euro en 22-rand-34-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 76-duisend-897-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-908-dollar-36-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 110-dollar-43-sent per vat.
# En ten slotte: Suid-Afrika se Rolprent- en Publikasieraad het die eerste keer in 13-jaar geweier om ‘n rolprent te klassifiseer, wat sy verspreiding en openbare vertoning verbied. Daar is bevind die dokumentêr, Hebrews to Negroes: Wake Up Black America, bevorder anti-semitisme, ontken die Joodse Volksmoord en wakker haat teen Jode aan. Die besluit is in die Staatskoerant gepubliseer. Enigiemand wat die rolprent versprei, uitsaai, in die openbaar vertoon, koop of huur, kan met tot 500-duisend-rand beboet of vyf jaar tronkstraf opgelê word, of albei.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….