Nuus 06:00
BULLETIN 3 November 6 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Minstens 780-duisend stemme is op die eerste dag van spesiale stemme uitgebring
# Twee van die beskuldigdes in die inbraak by Ramaphosa se Phala Phala-plaas is skuldig bevind
# En peilings toon Demokratiese kandidate loop in vyf van die sewe kritieke Senaat-wedlope voor
# Die Verkiesingskommissie sê ten minste 780-duisend Suid-Afrikaners kon gister, op die eerste dag van spesiale stemming, hul stemme uitbring. Meer as 2,6-miljoen kiesers is goedgekeur om voor môre se plaaslikeregeringsverkiesing te stem. Tydens ‘n mediavoorligting by die Nasionale Uitslagsentrum in Midrand, Johannesburg, het die hoofverkiesingsbeampte, Sy Mamabolo, gesê die eerste dag van spesiale stemming het relatief vlot verloop. Hy het bygevoeg dat hy hoop om vandag ‘n selfs hoër opkoms te sien:
Intussen sê Mamabolo, bedrywighede by stembusse sal vandag en môre, op verkiesingsdag, verbeter. Altesaam 217 stembusse in die Kaapstad-metro het gister vertragings ondervind met die ontvangs van stembriewe. In Noordwes het ‘n verkiesingsbeampte ineengestort en gesterf. Mamabolo sê alle probleme is intussen aangespreek:
# Die ANC verwelkom ‘n uitspraak deur die Verkiesingshof wat ‘n uitdaging deur twee van sy lede van die hand gewys het. Die lede het die party se kandidaatlyste in die Oos-Kaap vir Woensdag se plaaslike regeringsverkiesing betwis. Die hof het bevind die aansoekers het nie genoeg bewyse gelewer om aan te toon die party se nominasieproses is ernstig geraak nie. Die ANC-woordvoerder Mahlengi Bhengu sê die uitspraak beteken die ingehandigde kandidaatlyste bly onveranderd:
# Twee van die drie beskuldigdes in die diefstal van ongeveer tien-miljoen-rand in kontant by president Cyril Ramaphosa se Phala Phala-plaas in Limpopo in Februarie 2020 is skuldig bevind. Die Modimolle-streekhof het die beweerde meesterbrein agter die inbraak, Imanuwela David skuldig bevind aan sameswering om inbraak te pleeg met die opset om te steel, diefstal en geldwassery. Die tweede beskuldigde, Floriana Joseph, is skuldig bevind aan sameswering om inbraak te pleeg met die opset om te steel. Die hof het die derde beskuldigde Ndilinasho David Joseph, vrygespreek.
# Die finale New York Times/Siena-universiteitsopnames toon dat Demokrate in byna al sewe sleutelstate, wat deurslaggewend is vir beheer oor die Amerikaanse Senaat, voorloop. In vandag se halftermynverkiesing geniet Demokratiese kandidate die voordeel in Michigan, Kansas, Maine, Ohio en Texas, terwyl die stryd om Alaska en Iowa steeds kop-aan-kop is. In die konserwatiewe Texas het die Demokraat James Talarico ’n voorsprong van 50-persent teenoor die 43-persent van die Republikein Ken Paxton. Dit is ’n staat wat byna vier dekades Demokratiese kandidate vir die Senaat verwerp het. Die Republikeine het tans beheer oor albei huise van die Amerikaanse Kongres.
# Krieket: Kyle Verreynne, David Bedingham en Senuran Muthusamy sal nie vir Suid-Afrika in die toetsreeks van twee wedstryde teen Bangladesj op die Hoëveld speel nie. Anrich Nortjé, Zubayr Hamza en Tony de Zorzi keer almal terug ná beserings. Die afrigter Shukri Conrad sê ná die reekssege teen Australië, sal hulle nou daarop fokus om daardie momentum na die reeks teen Bangladesj verder te neem. Die eerste toets begin op die 15de by die Wanderers in Johannesburg, en die tweede op die 23ste in Centurion.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-59-sent teen die dollar, 18-rand-45-sent teen die euro en 22-rand-20-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 76-duisend-685-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-948-dollar-62-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 108-dollar-11-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….