Nuus 09:00
BULLETIN 31 Oktober 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Jacob Zuma sê die MK-party is gereed om die land te lei
# Die Verkiesingshof verwerp die DA se saak oor partye wat net een kandidaat op lyste vir proporsionele verteenwoordiging plaas
# En ’n Amerikaanse federale regter verbied die Trump-administrasie om verkiesingswerkers te dreig
# Die MK-party se president, Jacob Zuma, moedig kiesers aan om in groot getalle op te daag en deel te neem aan die plaaslikeregeringsverkiesing. Hy sê die party is gereed om oor te neem. Sy party het ‘n video geplaas waarin hy die eerste keer in byna ʼn maand verskyn. Zuma is die sesde van die maand in die hospitaal opgeneem nadat hy by ʼn verkiesingsgeleentheid in Msinga, KwaZulu-Natal, siek geword het. Zuma sê die MK-party is gereed om vrede en voorspoed in die land te herstel:
# Die Verkiesingshof het die DA se saak teen die EFF, MK-party, ActionSA en GOOD-party verwerp. Die DA het beswaar gemaak teen dié partye se besluit om net een kandidaat se naam op hul lyste vir proporsionele verteenwoordiging te plaas. Die DA het aangevoer dat die vier partye kandidate in aanloop tot die verkiesing vir kiesers wegsteek, en die partye toelaat om name op lyste by te voeg nadat stemme klaar getel is. Die hof het die DA se aansoek dat die vier partye se kandidaatlyste onwettig en te kwader trou verklaar word, verwerp.
# Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, sê die polisie sal die grondwetlike reg op vreedsame betogings beskerm, maar ook teen wetteloosheid optree. Dit volg nadat die Hooggeregshof in Durban voorwaardes gestel het vir die March and March-beweging se betogings in KwaZulu-Natal. Dit sluit in beperkings op optog-tye, aangewese roetes en die dra van moontlik gevaarlike voorwerpe. Masemola sê kan vreedsaam en binne die wet plaasvind:
# Die Motorbedryf-personeelvereniging sê die heropening van sewe opgeknapte treinstasies langs die KuGompo City-korridor in die Oos-Kaap sal werkers help om op vervoerkoste te spaar. Die stasies is heropen ná ’n belegging van 115-miljoen-rand deur die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika, wat ook 171 werksgeleenthede geskep het. Die vereniging se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê bekostigbare en betroubare treine sal die druk op huishoudelike begrotings verlig, werkers se stiptelikheid verbeter en besighede ondersteun:
# ʼn Amerikaanse federale regter het president Donald Trump se administrasie verbied om verkiesingswerkers te dreig of te dwing in aanloop tot die middeltermynverkiesing. Die Departemente van Justisie en Binnelandse Veiligheid is ook verbied om verkiesingswerkers te dwing om sekere mense van die kiesersrol te verwyder, versoeke vir stembriewe te weier, of stembriewe eenkant te hou vir individue wat vermoedelik nie stemgeregtig is nie. Die administrasie beweer Kalifornië het stembriewe gestuur aan sowat 20-duisend mense wat nie Amerikaanse burgers is nie. Regter Trina Thompson sê dit meng moontlik in met verkiesingsadministrasie en ontneem wettige kiesers hul stemreg.
# Tennis: Die topgekeurde Duitser, Alexander Zverev, is deur na die Weense Ope se halfeindronde nadat hy die Brit, Arthur Fery, oortuigend met 6-0, 6-2 verslaan het. Die 2021-kampioen wat Maandag die wêreld se nommer een word, takel die Australiër Alex de Minaur vir ʼn plek in die eindstryd. In die ander halfeindronde-wedstryd spook die tweede gekeurde Spanjaard, Carlos Alcaraz, en die derde gekeurde Rus, Daniil Medvedev, sake uit. Alcaraz het die Amerikaner, Tommy Paul, in hulle kwarteindwedstryd geklop terwyl Medvedev met Adrian Mannarino van Frankryk afgereken het.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….