Nuus 07:00
BULLETIN 10 Februarie 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Fase 6 beurtkrag word onbepaald in werking gestel
# President Ramaphosa besoek Namibië om sy eer te betoon ná die dood van Hage Geingob
# En boks, Minister Kodwa beloof versigtige oorweging van Boks Suid-Afrika se saak
# Fase 6-beurtkrag is vanoggend vir die eerste keer vanjaar ingestel, tot verdere kennisgewing. Volgens Eskom is twee opwekkingseenhede weer in gebruik geneem, maar twee ander eenhede is aan diens onttrek. Die kragvoorsiener sê die verhoogde beurtkrag is verder genoodsaak deur bergingsdamme wat aangevul moet word vir die week wat voorlê. Eskom sal enige veranderings onmiddellik aankondig.
# President Cyril Ramaphosa is vandag op ‘n werksbesoek aan Windhoek in Namibië om sy eer te betoon na die dood van president Hage Geingob. Geingob is op Sondag 4 Februarie dood terwyl hy in die hospitaal vir kanker behandel is. Ramaphosa en Geingob het ‘n hegte verhouding gehad met goeie betrekkinge tussen die twee lande. Die Suid-Afrikaanse president word teen tien-uur vanoggend in Windhoek verwag. Hy sal dadelik Namibië se nuwe president, Nangolo Mbumba, by Staatshuis ontmoet, waarna hy die ontslape president se vrou, Monica Geingos, sal besoek om sy eer te betoon.
# Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging het die regering beskuldig hy gebruik die Nasionale Gesondheids-versekerings-wetsontwerp as bloot ‘n verkiesingsfoefie voor die komende verkiesing. Die vereniging se voorsitter, Mvuyisi Mzukwa, doen ‘n beroep op die regering om aandag te gee aan dringende gesondheidsorgkwessies soos die indiensneming van dokters wat onlangs gegradueer het en die verbetering van mediese infrastruktuur. Die SAMV het president Cyril Ramaphosa se onlangse aankondiging oor die ondertekening van die wet met skeptisisme bejeën en beskou dit as ‘n politieke skuif sonder inhoud.
# Boks: Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Zizi Kodwa doen ‘n beroep dat dringend aandag gegee word aan die saak waarby Boks Suid-Afrika betrokke is Dit volg na die Hooggeregshof in Pretoria die aanstelling van ‘n nuwe raad verbied het. Kodwa het die regering se verbintenis tot die bestendiging van leierskap en bestuur binne die organisasie benadruk en die ingewikkeldheid van die kwessie erken. Hy oorweeg die aanstelling van ‘n administrateur. Kodwa sê dit is sy oorhoofse doel om die sport tot sy glorieryke dae te herstel:
# En, om mee af te sluit: ‘n Sosialemedia-ontleder, Tendai Luwo, het vrese uitgespreek oor die kommerwekkende toename in kinderuitbuiting wat deur verskeie sosialemedia-kanale bevorder word. Hy neem kennis van die neiging rondom inhoudskepping met kinders wat nie die toestemmingsouderdom is nie. Luwo waarsku ouers om versigtig te wees vir die gevare en die sielkundige gevolge daaraan verbonde as hul kinders op sosiale media-platforms geplaas word:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….