Nuus 08:00
BULLETIN 30 Oktober 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Tau sê Suid-Afrika is gereed vir enige besluit oor AGOA se toekoms
# Die EFF soek toegang tot ‘n beweerde geheime staatsintelligensie-operasie wat die party geteiken het
# En, Star Trek se kaptein Picard, Patrick Stewart, sterf op 86
# Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, sê Suid-Afrika is gereed vir enige besluit wat Amerika volgende week neem oor sy bevoegdheid vir die Wet op Groei en Geleentheid in Afrika. Suid-Afrika is die skema se grootste begunstigde, maar het onder skoot gekom sedert Washington se kritiek teen Pretoria toeneem. Dit sluit bewerings van diskriminasie teen wit Afrikaners in. Tau sê hulle het op alle bekommernisse van Amerika gereageer, maar ondersoek ook ander markte:
# Die EFF het ‘n dringende aansoek by die Hooggeregshof in Pretoria ingedien waarin hulle toegang versoek tot hofrekords in ‘n bedrogsaak van 12-miljoen-rand, waarby twee voormalige beamptes van die Staatsveiligheidsagentskap betrokke is. Dit volg na bewerings dat die agentskap ‘n geheime staatsintelligensie-operasie befonds het om inligting te verkry oor die party en sy interne aktiwiteite, insluitend sy parlementêre koukus. Die adjunkpresident van die EFF, Godrich Gardee, het aan Newzroom Afrika gesê hulle versoek toegang tot transkripsies van die ope-hofverrigtinge, bewysstukke en ander tersaaklike hofdokumente:
# Die Gautengse regering verwerp die DA-burgemeesterskandidaat vir Johannesburg, Helen Zille, se bewering dat premier Panyaza Lesufi onregmatig krediet aanvaar vir elektrisiteit-ingrypings in die provinsie. Die DA het ‘n video versprei oor die insameling van fondse om ʼn nuwe blou transformator te koop en saam met Eskom te werk om krag te herstel in gebiede soos Dobsonville, Meadowlands en Snake Park. Lesufi het ook foto’s versprei waar ʼn transformator in Snake Park onder Operasie Khanyisa vervang word. Die provinsiale regering se woordvoerder, Elijah Mhlanga, sê Zille se bewerings is vals en misleidend:
# Tennis: Alexander Zverev vervang Maandag vir die eerste keer in sy loopbaan Jannik Sinner as die wêreld-nommer-een, na hy die kwarteindronde van die Vienna Open gehaal het. Die 29-jarige Duitser het die Nederlander Tallon Griekspoor met 6-4, 7-5 geklop en daarmee die 30ste man geword wat die ATP-ranglys as nommer een bereik. Hy het ‘n goeie jaar beleef en sy eerste twee Grand Slam-titels by Roland Garros en die Amerikaanse Ope verower. Zverev kom in die kwarteindronde teen die Britse nommer een, Arthur Fery, te staan, ‘n herhaling van hul Wimbledon-halfeindstryd.
# Patrick Stewart, wat bekend is vir sy rol as kaptein Jean-Luc Picard in die wetenskapfiksie-reeks, Star Trek: The Next Generation, is op 86-jarige ouderdom oorlede. Hy het by sy huis in Los Angeles gesterf ná ʼn kort stryd teen Alzheimer se siekte en Lewy Body Dementia. Stewart het in sy loopbaan van ses dekades ook rolle gespeel in X-Men, Dune, en Green Room. Die Engelsman het talle Emmy’s en Golden Globes gewen, het ʼn ster op die Hollywood Walk of Fame, en is deur koningin Elizabeth die Tweede tot ridder geslaan.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-60-sent teen die dollar, 18-rand-58-sent teen die euro en 22-rand-24-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 77-duisend-406-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-dollar en 5-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 117-dollar per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….