Nuus 11:00
BULLETIN 28 Oktober 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Ramaphosa se voormalige politieke raadgewer ontvang ‘n kennisgewing van die Madlanga-kommissie
# Netanyahu en Eisenkot is gereed om hul eie regerings te vorm ondanks ‘n moontlike gelykop-uitslag
# En rugby: Die Wallabies herroep die ervare Kurtley Beale vir die Nasieskampioenskap
# President Cyril Ramaphosa se voormalige politieke raadgewer en huidige lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, Bejani Chauke, het ‘n Reël 10.6-kennisgewing van die Madlanga-kommissie ontvang. Hy moet sy verhouding met die ontslape taxibaas van Mpumalanga, Jotham “King Mswazi” Msibi, en hulle WhatsApp-boodskappe verduidelik. Chauke se naam is onthul toe die kommissie Msibi se selfoonrekords ondersoek het, wat bande tussen hom, polisie-offisiere en hoëprofiel-amptenare aan die lig gebring het. Chauke het tien dae om op die kennisgewing te reageer.
Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, verwelkom intussen die eerste werksgeleentheid van die Nasionale Polisie-adviesraad. Dit sal help om polisiebeleid en hervormings te rig. Die raad, wat uit 14 lede bestaan, sal die minister en die nasionale polisiekommissaris van raad bedien oor maniere om die diens te verbeter. Die ministerie se woordvoerder, Kamogelo Mogotsi, sê dringende hervormings is nodig te midde van hoë misdaadvlakke en kommer wat voor die Madlanga-kommissie uitgespreek is wat die publiek se vertroue in die polisie verswak het:
# Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, sê mense wat vir kleiner partye stem, kan veroorsaak dat die ANC en die EFF die metro kan oorneem. Volgens onlangse peilings deur eNCA en MarkData het die DA tans 52,6-persent steun, terwyl News24 en die Sabi Strategy Group dit op 56,1-persent plaas. Talle partye wat deur bruin kiesers aangehang word, kan dit egter ʼn taai stryd maak. Hill-Lewis sê daar is nie ʼn veilige meerderheid as DA-ondersteuners tuis bly nie:
Nuus uit die buiteland:
# Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê ʼn sterk, regse nasionale regering moet gevorm word en geen leier behoort te regeer danksy die steun van Israelse Arabiere, wie se partye veld gewen het in gister se verkiesing nie. Peilings toon sy regeringsgroepering loop kop aan kop met dié van die voormalige militêre hoof, Gadi Eisenkot, met 51 setels elk. Eisenkot sê hulle het geskiedenis gemaak en beloof om seker te maak die mense se besluit lei tot ʼn Sionistiese regering wat bestendig en goed vir alle landsburgers is.
# Rugby: Die 37-jarige Kurtley Beale is die eerste keer sedert 2024 terug in die Wallabies se groep. Hy is een van drie spelers wat bygevoeg is vir die Nasieskampioenskap se noordelike reeks. Beale, wat al in 95 toetse uitgedraf het, vervang Hunter Paisami wat om persoonlike redes nie beskikbaar is nie. James Ramm, wat nog nie toetsrugby gespeel het nie, en Kalani Thomas is ook in die toergroep. Australië pak Engeland volgende maand op Twickenham, gevolg deur wedstryde teen Skotland en Wallis voor die eindronde in Londen.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-68-sent teen die dollar, 18-rand-54-sent teen die euro en 22-rand-15-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 80-duisend-804-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-en-32-dollar-35-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 116-dollar-58-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….