Nuus 09:00
BULLETIN 28 Oktober 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# COSATU werf steun vir beide die ANC en SAKP in die aanloop tot die verkiesing
# Die globale inisiatief teen transnasionale georganiseerde misdaad waarsku politieke moorde bedreig die verkiesingsproses
# En sokker, Kylian Mbappé vra verskoning na kritiek oor sy ‘Chinese diktator’-opmerking
# Die vakverbond COSATU sê hy verskerp sy verkiesingsveldtog en werwingspogings om beide die ANC en SAKP te ondersteun in aanloop tot die plaaslikeregeringsverkiesing. Hy ondersteun albei politieke partye ingevolge ‘n resolusie wat by sy 15de nasionale kongres aanvaar is. COSATU se hoofsekretaris, Zingiswa Losi, sê hulle ondersteuning gaan saam met hoë verwagtings soos werkskepping, betroubare openbare dienste, aanspreeklike munisipaliteite, bekostigbare basiese dienste en die beskerming van werkers se regte:
# Die globale inisiatief teen transnasionale georganiseerde misdaad sê politieke moorde hou ʼn ernstige bedreiging in vir die integriteit en bestendigheid van die verkiesingsproses in aanloop tot volgende Woensdag se plaaslikeregeringsverkiesing. Tussen 1 Januarie en 30 September vanjaar is 45 politieke aanvalle aangemeld waarin 43 mense dood is. Vandeesmaand alleen is nege politiek-verwante moorde aangeteken. KwaZulu-Natal word die meeste deur politieke geweld geraak. Julian Rademeyer van die organisasie het aan die SABC gesê die geweld toon ook dat politiek gekriminaliseer word:
# Die adjunkminister van Water en Sanitasie, Jack Bloom, sê Gauteng kan miljarde rande spaar en watervoorsiening verbeter deur waterverliese te bekamp. Die provinsie verloor, of kan tans nie rekenskap gee nie, van ongeveer 48-persent van sy water. Fisiese waterverliese deur pype wat gebars is of lek, beloop jaarliks sowat 431-miljard liter. Bloom sê minstens 14-miljard-rand se inkomste aan munisipaliteite gaan hierdeur verlore. Hy sê die departement se nuwe nasionale raamwerk se teiken is om water wat nie ʼn inkomste bied nie, teen 2035 tot minder as 25-persent te verlaag.
# Die Internasionale Atoomenergie-agentskap sê daar is ʼn dringende behoefte dat internasionale inspekteurs volgens die waarborg-ooreenkoms oor nie-verspreiding van kernwapens verifikasie-toegang kry tot Iran se kernaanlegte. Die kern-waghond sukkel om inligting te bekom oor Teheran se kernmateriaal, soos sy voorraad hoogs verrykte uraan. Die agentskap se direkteur-generaal, Rafael Grossi, maan Iran om geleidelik tegniese maatreëls te oorweeg om die toestande te skep sodat inspekteurs kan terugkeer. Hy sê onpartydige tegniese verifikasie is ʼn belangrike deel van internasionale veiligheid:
# Sokker: Frankryk en Real Madrid se voorspeler, Kylian Mbappé, het verskoning gevra vir wat hy beskryf as sy swak oordeel nadat hy beskuldig is dat hy China en Chinese mense beledig het. Hy het die Chinese leier, wyle Mao Zedong, ʼn diktator genoem. Dit het veroorsaak dat Mbappé handelsmerk-borgskappe van drie Chinese maatskappye kwyt is: die drankie-vervaardiger Dongpeng, suiwelreus Mengniu en kaasmaker Milkground. Mbappé sê dit was nie sy bedoeling om enige iemand seer te maak nie en beklemtoon dat hy groot respek het vir die Chinese mense en hul geskiedenis.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-66-sent teen die dollar, 18-rand-52-sent teen die euro en 22-rand-15-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 80-duisend-855-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-en-42-dollar-42-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 115-dollar-92-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….