Nuus 17:00
BULLETIN 27 Oktober 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Adjunkpresident Paul Mashatile vra Suid-Afrikaners om OR Tambo se nalatenskap te eer deur betrokke burgerskap
# Minister Ronald Lamola vra sterker migrasiebeleide regoor Afrika tydens ‘n diasporakonferensie
# En sokker, die Franse ster Kylian Mbappé verloor Chinese handelsmerkooreenkomste ná sy opmerking oor Mao
# Adjunkpresident Paul Mashatile moedig Suid-Afrikaners aan om die nalatenskap van die struggle-ikoon Oliver Reginald Tambo te eer deur betrokkenheid in gemeenskappe, verantwoordelike kiesersgedrag en gemeenskapsdiens. Mashatile het tydens ‘n kransleggingseremonie in die Tamboville-begraafplaas in Ekurhuleni gesê om ‘n beter Suid-Afrika te bou is ‘n gedeelde verantwoordelikheid van die regering én sy burgers. Hy vra burgers om korrupsie te beveg, demokrasie te versterk en vreedsaam deel te neem aan verkiesings:
# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, vra sterker samewerking tussen Afrika-lande rakende migrasiebeleide. Lamola het op die Afrika- en Afrika- diasporakonferensie in Ekurhuleni gesê migrasie is nie ‘n uitdaging wat Suid-Afrika alleen kan aanpak nie. Hy het die Afrika-unie aangemoedig om die besluite van die migrasiekonferensie in 2015, weer op die agenda te plaas en uit te voer. Lamola sê onwettige migrasie moet volgens wet hanteer word, en hy veroordeel xenofobiese geweld teen buitelandse burgers:
# Die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing vra alle kiesers om deel te neem aan die landwye Verkiesingstevredenheids-opname. Onderhoudvoerders doen dit volgende Woensdag tydens die munisipale verkiesing namens die Verkiesingskommissie by uitgesoekte stembusse in die land. Die RGN se woordvoerder, Alfred Thutloa, sê die opname sal gebruik word om kiesers se ervarings van die verkiesingsproses te meet en terselfdertyd die OVK se bedryfs-doeltreffendheid te bepaal:
# Microsoft bied vrywillige afleggings aan ongeveer 60-duisend werknemers, meer as ‘n kwart van sy wêreldwye werksmag, om koste te beperk terwyl groot belegging in kunsmatige intelligensie gemaak word. Personeel wat hiervoor in aanmerking kom in Amerika, Kanada, Brittanje en Indië, sluit werkers van Xbox, Windows, Copilot, finansies en menslike hulpbronne in. Bemarking, kommersiële sake en sekuriteitspanne word uitgesluit. Microsoft het 223-duisend werknemers wêreldwyd en verwag om vanjaar ongeveer 2,9-duisend-miljard-rand aan kapitaalbeleggings te bestee, hoofsaaklik om sy KI-infrastruktuur uit te brei. Die maatskappy het voorheen vrywillige uitkooppakette aan sommige Amerikaanse personeel aangebied.
# Sokker: Die Franse sokkerster Kylian Mbappe het borgskapooreenkomste met minstens drie Chinese handelsmerke verloor nadat ‘n video aanlyn versprei is waarin hy blykbaar na die voormalige Chinese leier Mao Zedong as “‘n Chinese diktator” verwys. Mbappe het ‘n internet-meme met sy gesig op Mao se foto beskryf as een van die snaakste memes van homself wat hy nog gesien het. Die drankvervaardiger Dongpeng en die suiwelmaatskappye Mengniu en Milkground het hul vennootskappe met die Real Madrid- en Frankryk-voorspeler beëindig. Die egtheid van die video is nie onafhanklik geverifieer nie.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-65-sent teen die dollar, 18-rand-57-sent teen die euro en 22-rand-20-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 80-duisend-243-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-en-23-dollar-16-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 115-dollar-33-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….