Nuus 08:00
BULLETIN 27 Oktober 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die regering en gemeenskapsleiers werk saam in die hof oor migrasie- en asielsoekersake
# Die Departement van Basiese Onderwys waarsku teen uiterste weerstoestande wat die eksamen bedreig
# En, die hof verwerp die Trump-administrasie se eis om 20-duisend pos-stembriewe in Kalifornië ongeldig te verklaar
# Die voorsitter van die Inter-ministeriële Komitee oor Migrasie en minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê die oproep om immigrasiewette toe te pas moenie outomaties as xenofobie beskou word nie. Die komitee het onlangs beraadslaag met ‘n afvaardiging onder leiding van die Zoeloe-koning se kanselier, iNkosi Malusi Zondi, gevolg deur talle optogte na Binnelandse Sake se kantore deur groepe wat bekommerd is oor onwettige immigrasie en die toepassing van immigrasiewette. Kubayi sê die afvaardiging het ook aangedui hulle wil betrokke wees by voortgesette hofsake oor migrasie en asielsoekers:
# Die Departement van Basiese Onderwys waarsku skole, ouers en leerders om die nodige voorsorgmaatreëls te tref te midde van hoë temperature en gure weerstoestande in dele van die land. Dit volg terwyl matrieks steeds besig is met hul Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen. Die departement se woordvoerder, Terrence Khala, sê leerders word ook herinner om aandag te gee aan hul fisiese en emosionele welstand terwyl hulle vir die eksamen voorberei. Hy sê vertroulike berading en emosionele ondersteuning is aan leerders beskikbaar:
# Die Stad Tshwane verwelkom die jongste hersiening deur die kredietgraderingsagentskap, Moody’s, wat dui op verbetering van die metro se finansiële bestuur en bedryfsprestasie. In Moody’s se hersiening wat op 23 Oktober gepubliseer is, gee hy erkenning aan Tshwane se sterker krediet-aanduiers en krimpende skuldlas. Die metro-woordvoerder, Samkelo Mgobozi, sê die agentskap voorspel Tshwane se skuldlas kan teen die 2027-boekjaar daal tot sowat 12-persent van sy bedryfsinkomste, terwyl sy bedryfsmarge bestendig is op tussen sewe- en agt-persent:
# ʼn Amerikaanse federale appèlhof het die Justisie-departement se poging verwerp wat wou keer dat Kalifornië sowat 20-duisend pos-stembriewe tel wat volgens hom nie van landsburgers is nie. Dit kom in aanloop tot Dinsdag se belangrike middeltermynverkiesing. Die Departement van Justisie het die Kaliforniese minister van Buitelandse Sake 48 uur gegee om die bevel uit te voer, maar kiesbeamptes het geweier, wat tot die hofsaak gelei het. Kalifornië se prokureur-generaal, Rob Bonta, sê die uitspraak is ʼn oorwinning vir stemregte en ʼn verwerping van die Trump-administrasie se “onregmatige ingryping”.
# Sokker: Engeland se kaptein en Bayern Munich-doelskopper, Harry Kane, het die 2026 Ballon d’Or gewen en is die eerste Britse speler sedert Michael Owen in 2001 wat die gesogte individuele toekenning opraap. Kylian Mbappe van Frankryk en Lamine Yamal van Spanje was onderskeidelik tweede en derde. Kane het verlede seisoen 73 doele vir sy klub en land aangeteken en is ook beste doelskopper van die jaar. Die Spaanse middelveldspeler, Alexia Putellas, ewenaar die rekord toe sy die derde keer met die vroue se Ballon d’Or wegstap. Luis de la Fuente van Spanje is die mans-afrigter van die jaar.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-63-sent teen die dollar, 18-rand-58-sent teen die euro en 22-rand-19-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 79-duisend-587-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-en-6-dollar-94-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 114-dollar-96-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….