Nuus 12:00
BULLETIN 26 Oktober 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Hlabisa sê die OVK en die regering is gereed vir die verkiesing
# Eskom bereik 525 dae sonder beurtkrag
# En krieket: Australië wil hul kolfwerk verbeter in die laaste toets teen die Proteas
# Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, sê logistieke, tegniese en veiligheidsreëlings vorder goed vir volgende Woensdag se plaaslike regeringsverkiesing. Byna 29,2-miljoen Suid-Afrikaners is geregistreer om te stem en 546 politieke partye gaan deelneem. Kiesers sal uit sowat 137-duisend kandidate kan kies vir net meer as 10-duisend-500 raadsposisies. Hlabisa is die voorsitter van die tussenministeriële komitee oor Plaaslike Regering. Hy het aan die SABC gesê hul het volle vertroue in die Verkiesingskommissie:
# President Cyril Ramaphosa sê die regering moes die afgelope paar jaar ‘n moeilike balans handhaaf tussen die bestendiging van die land se openbare finansies en om die hoë vlakke van armoede en werkloosheid aan te pak. Die minibegroting wat die minister van Finansies, Enoch Godongwana, verlede week ter tafel gelê het, toon staatskuld het bestendig en die regering se inkomste is sowat 54-miljard-rand meer as verwag. Ramaphosa sê in sy weeklikse nuusbrief dit bly die regering se verantwoordelikheid om te verseker finansiële vooruitgang word omskep in tasbare verbeterings.
# Eskom het sedert 16 Mei verlede jaar 525 agtereenvolgende dae sonder beurtkrag bereik en die herstel van sy opwekkingsvermoë is op die beste vlak in ses jaar. Sy energie-beskikbaarheidsfaktor het gestyg tot 68,1-persent teenoor 62,48-persent verlede jaar. Eskom beskik oor ses-dusend-424 megawatt meer opwekkingsvermoë as drie jaar gelede. Onbeplande kragonderbrekings het die afgelope drie jaar met meer as sewe-duisend megawatt afgeneem en dieselbesteding met 4,81-miljard-rand. Eskom sê hy het tans ‘n oorskot van vier-duisend-961 megawatt bo die huidige vraag, wat ‘n verskuiwing van krisisbestuur na groter bestendigheid toon.
Nuus uit die buiteland:
# Nigerië se Sentrum vir Siektebeheer en -voorkoming sê nog twee moontlike Ebola-gevalle is geïdentifiseer, terwyl 53 noue kontakte ook opgespoor is. Die virus is die eerste keer bevestig in ‘n vrou wat op 11 Oktober van Uganda in die hoofstad, Abuja, aangekom het. Die 42-jarige se man werk in die Switserse ambassade in Abuja. Die hoof van die sentrum, Jide Idris, sê pasiënte se samewerking sal die owerhede help om moontlike oordragroetes op te spoor:
# Krieket: Australië se paaltjiewagter, Alex Carey, sê hulle wil hul kolfwerk verbeter en ‘n spanpoging aanwend om lopies aan te teken in die beslissende toets teen die Proteas wat môre in Kaapstad begin. Hulle eerstebeurttelling van 99 in die tweede toets in Gqeberha was hul laagste sedert 2016. Afrigter Andrew McDonald sê die kolwers kon nie die druk lank genoeg weerstaan om aanslag te bied nie. Carey erken hul kolfwerk was nie op standaard nie:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-61-sent teen die dollar, 18-rand-62-sent teen die euro en 22-rand-18-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 80-duisend-43-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-en-14-dollar-8-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 115-dollar-35-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….