Nuus 11:00
BULLETIN 25 Oktober 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die IVP verwelkom die vreedsame verloop van verkiesingsveldtogte
# Die DA spreek die SAUK aan oor ongelykheid en onregverdigheid
# En ‘n gedenkteken sal opgerig word ter ere van die SAPD-speurhond Sky
# Die president van die Inkatha-Vryheidsparty, Velenkosini Hlabisa, verwelkom wat hy beskryf as oor die algemeen vreedsame optrede van politieke partye tydens plaaslikeregeringsverkiesingsveldtogte regoor die land. Hlabisa het ‘n veldtog gevoer in Esikhawini, naby Richardsbaai in KwaZulu-Natal. Hy sê vreedsame veldtogvoering is belangrik terwyl politieke partye met kiesers in gesprek tree en Suid-Afrikaners aanmoedig om op 4 November in groot getalle te gaan stem:
# Die DA het die SABC 43 uur gegee om skriftelik sy verbintenis tot regverdige en billike televisiedekking van die groot politieke partye se afsluitingdverkiesingsveldtog-byeenkomste te bevestig. Die party se eis volg na oënskynlike teenstrydige boodskappe van senior SABC-bestuurders oor die regstreekse uitsending van die byeenkomste. Volgens die DA het een uitvoerende beampte gesê geen politieke party sal regstreekse dekking van sy laaste byeenkoms op enige televisiekanaal ontvang nie, terwyl ‘n ander gesê het geen besluit is nog geneem nie.
# Die polisie doen ‘n beroep op gemeenskapslede om versigtig te wees wanneer hulle hul spaargeld onttrek, vervoer en versprei, veral met die feestyd wat nader kom. Die polisiewoordvoerder Nomthandazo Mnisi sê die toename in kontantonttrekkings en die vervoer van groot bedrae geld gedurende hierdie tydperk skep geleenthede vir misdadigers om niksvermoedende lede van die publiek te teiken. Sy waarsku dat lede van stokvelle veral kwesbaar is vir rooftogte en diefstal wanneer kontantonttrekkings en uitbetalingsreëlings voorspelbaar word. Mnisi doen ‘n beroep op gemeenskappe om waaksaam te bly:
# Sportnuus:
# Motorsport: Kimi Antonelli het ’n verrassende eerste wegspringplek behaal by die VSA F1-Grand Prix in Texas, wat hom in ’n uitstekende posisie plaas om die wêreldkampioenskap hierdie naweek te beklink. Die 20-jarige Mercedes-renjaer was 0,179-sekondes vinniger as Max Verstappen van Red Bull. Verstappen se spanmaat, Isack Hadjar, het ’n indrukwekkende derde plek behaal. Ferrari se Charles Leclerc en Lewis Hamilton het die top vyf afgerond. Carlos Sainz van Ferrari het die sesde plek ingeneem, gevolg deur die McLaren-duo Oscar Piastri en Lando Norris in onderskeidelik die 7de en 8ste posisie.
# Rugby: Die Springbokvroue het gister met 40-27 teen Ierland verloor in die eerste van twee W15-wêreldreekstoetse op die Athlone-stadion in Kaapstad . Suid-Afrika was teen rustyd met 21-17 agter, ná ‘n opwindende eerste helfte waarin albei spanne drie drieë gedruk het. Aseza Hele, Vainah Ubisi, Maria Tshiremba, Lerato Makua en Alichia Arries het vir die tuisspan gaan druk. Ierland het ses drieë gedruk om die oorwinning te verseker. Die spanne kom volgende Saterdag weer op die Athlone-stadion teen mekaar te staan.
# En om af te sluit: ‘n Vyfjarige Belgiese Malinois genaamd Sky, wat brandstigtings-opsporingswerk in die Suid-Afrikaanse Polisiediens verrig het, se nagedagtenis sal voortleef in ’n gedenkteken in Pretoria. Die voorsitter van die Parlement se Portefeuljekomitee oor Polisie, Ian Cameron, sê ’n granietgedenkteken ter ere aan Sky is voltooi en sal by die Gedenktekens vir Diere in Oorlog by die Voortrekker-monument geplaas word. Sky is in September van kant gemaak na sy ernstig beseer in haar hondehok gevind is. Cameron sê sy sal nou onthou word saam met ander diere wat Suid-Afrika gedien het.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….